1
Jesaja 43:19
Bybel vir almal
Ek laat 'n nuwe ding gebeur, dit sal nou gebeur, en julle weet dit: Ja, Ek maak 'n pad deur die woestyn, en Ek laat riviere daar vloei.
Compare
Explore Jesaja 43:19
2
Jesaja 43:2
Wanneer julle deur water moet gaan, dan is Ek by julle, riviere sal nie oor julle vloei nie. Wanneer julle deur vuur moet gaan, dan sal die vlamme julle nie brand nie.
Explore Jesaja 43:2
3
Jesaja 43:18
Die Here sê: “Julle moenie net dink aan wat voorheen gebeur het nie.
Explore Jesaja 43:18
4
Jesaja 43:1
Maar, Israeliete, nageslag van Jakob, nou sê die Here, Hy wat julle gemaak het: “Julle moenie bang wees nie, want Ek maak julle vry. Ek het julle geroep, Ek het julle name genoem, julle is Myne.
Explore Jesaja 43:1
5
Jesaja 43:4
Ek gee ander volke in julle plek, want julle is baie belangrik vir My, en Ek is lief vir julle.
Explore Jesaja 43:4
6
Jesaja 43:3
Ja, Ek is julle God die Here, Ek is die Heilige God van Israel wat julle red. Ek gee die mense van die lande Egipte, Kus en Seba in julle plek sodat julle vry kan word.
Explore Jesaja 43:3
7
Jesaja 43:5
Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle, Ek sal julle en julle kinders bymekaarmaak en Ek sal julle bring uit die ooste en uit die weste.
Explore Jesaja 43:5
8
Jesaja 43:25
Maar Ek is die God wat julle vergewe dat julle opstandig is teen My en Ek dink nie aan julle sondes nie.
Explore Jesaja 43:25
9
Jesaja 43:10
My volk, julle is die mense wat weet wie Ek is, julle is my dienaars, Ek het julle gekies. Ek het dit gedoen sodat julle sal weet wie Ek is en My sal glo en sal verstaan. Daar was nie 'n ander god vóór My nie, en daar sal nie 'n ander god ná My wees nie.
Explore Jesaja 43:10
10
Jesaja 43:11
Ek, Ék is die Here. Daar is nie 'n ander god wat julle kan red nie.
Explore Jesaja 43:11
11
Jesaja 43:13
Ook hierna sal Ek nog altyd God wees. Niemand kan julle wegvat van My nie. Niemand kan My keer wanneer Ek iets wil doen nie.”
Explore Jesaja 43:13
12
Jesaja 43:20-21
Die wilde diere sal My eer, ook die jakkalse en volstruise, want Ek gee water in die woestyn, sodat die volk wat Ek gekies het, water sal hê om te drink. Die volk wat Ek vir Myself gemaak het, sal vir almal vertel dat Ek God is.”
Explore Jesaja 43:20-21
13
Jesaja 43:6-7
Ek sal vir die mense in die noorde sê: Julle moet my volk teruggee! En Ek sal vir die mense in die suide sê: Julle moenie my volk vashou nie! Bring my seuns en my dogters van ver, van oral op die aarde. Bring elkeen wat Ek geroep het sodat hy aan My sal behoort, bring elkeen wat Ek gemaak het sodat hy My sal eer.”
Explore Jesaja 43:6-7
14
Jesaja 43:16-17
Die Here praat. Dit is Hy wat 'n pad gemaak het deur die wilde see, en wat oorlogkarre en perde gestuur het, en ook baie en sterk soldate. Maar hulle is dood, hulle lê daar. Hulle sal nie weer opstaan nie, hulle is weg, soos die vlam van 'n lamp wat dood is.
Explore Jesaja 43:16-17
15
Jesaja 43:15
Ek is die Here, julle heilige God. Israeliete, Ek het julle gemaak, Ek is julle Koning.”
Explore Jesaja 43:15
Home
Bible
Plans
Videos