1
Jesaja 6:8
Bybel vir almal
Toe hoor ek die Here praat. Hy het gevra: “Vir wie sal Ek stuur? Wie sal vir Ons 'n boodskap bring na die mense van Juda toe?” Ek het gesê: “Hier is ek, stuur my.”
Compare
Explore Jesaja 6:8
2
Jesaja 6:3
Die serafs het hard vir mekaar gesê: “ Heilig, heilig, heilig is die Here wat oor alles regeer. Hy is oral op die aarde.”
Explore Jesaja 6:3
3
Jesaja 6:5
Ek het gesê: “Dit sal sleg gaan met my! Alles wat ek sê, is onrein, en alles wat my mense sê, is ook onrein. En nou het ek die Koning gesien, die Here wat oor alles regeer.”
Explore Jesaja 6:5
4
Jesaja 6:1
Ek, Jesaja, het die Here gesien. Dit was in die jaar toe koning Ussia gesterf het. Die Here het op 'n baie hoë troon gesit en die onderkant van sy klere het die tempel volgemaak.
Explore Jesaja 6:1
5
Jesaja 6:7
Hy het aan my mond geraak met die kool en hy het gesê: “Kyk, die kool het aan jou lippe geraak, nou is jou sonde weg, God het jou gereinig.”
Explore Jesaja 6:7
6
Jesaja 6:2
Bokant Hom het serafs gestaan. Elke seraf het ses vlerke gehad. Met twee vlerke het hy sy gesig toegemaak, met twee vlerke het hy sy voete toegemaak, en met twee vlerke het hy gevlieg.
Explore Jesaja 6:2
7
Jesaja 6:6
Een van die serafs het na my toe gevlieg. In sy hand was 'n warm vuur-kool, hy het dit met 'n tang gevat van die altaar.
Explore Jesaja 6:6
8
Jesaja 6:9
Die Here het gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: ‘Julle sal hoor en hoor wat Ek sê, maar julle sal nie verstaan nie. Julle sal kyk en kyk, maar julle sal nie weet wat julle sien nie.’
Explore Jesaja 6:9
9
Jesaja 6:10
Jy moet hierdie volk dom maak, jy moet hulle ore laat toegaan. Jy moet hulle oë toemaak, sodat hulle nie kan sien en hoor en verstaan en verander en lewe soos Ek wil hê nie, en sodat Ek hulle nie sal gesond maak nie.”
Explore Jesaja 6:10
Home
Bible
Plans
Videos