Toe Jesus klaar gebid het, het Hy hard geskree en gesê: “Lasarus, kom uit die graf!”
Lasarus, die man wat gesterf het, het uit die graf gekom. Die grafdoeke was nog om sy voete en hande, en daar was 'n kopdoek oor sy gesig. Jesus het vir hulle gesê: “Haal die grafdoeke van Lasarus af sodat hy huis toe kan gaan.”