1
Markus 6:31
Bybel vir almal
Mense het aanhoudend na Jesus toe gekom en hulle het nie tyd gehad om te eet nie. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle moet saam met My na 'n stil plek gaan sodat julle 'n bietjie kan rus.”
Compare
Explore Markus 6:31
2
Markus 6:4
Jesus het vir hulle gesê: “Die mense in ander stede luister na 'n profeet en hulle respekteer hom. Maar die mense in sy eie stad, in sy eie familie en sy eie huisgesin respekteer hom nie.”
Explore Markus 6:4
3
Markus 6:34
Jesus het uit die boot geklim, en Hy het die klomp mense gesien. Hy was baie jammer vir hulle en Hy was bekommerd oor hulle, want hulle was soos skape wat nie 'n skaapwagter het nie. Jesus het begin om vir die mense baie dinge te leer.
Explore Markus 6:34
4
Markus 6:5-6
Jesus kon nie een wonderwerk in Nasaret doen nie. Hy het sy hande net op 'n paar siek mense gesit en Hy het hulle gesond gemaak. Jesus was verbaas omdat die mense nie in Hom geglo het nie. Jesus het aangehou om in elke stad daar naby vir die mense te leer.
Explore Markus 6:5-6
5
Markus 6:41-43
Toe het Jesus die vyf brode en die twee visse geneem en Hy het opgekyk na die hemel. Hy het God geprys en dankie gesê vir die kos. Daarna het Hy die brood in stukke gebreek en Hy het dit vir sy dissipels gegee om vir die mense te gee. Hy het ook die twee visse verdeel en vir al die mense daarvan gegee. Almal het genoeg geëet. Toe die mense klaar geëet het, het die dissipels twaalf mandjies vol stukkies brood en vis opgetel wat oorgebly het.
Explore Markus 6:41-43
Home
Bible
Plans
Videos