1
Markus 9:23
Bybel vir almal
Jesus het vir hom gevra: “Hoekom sê jy ‘As U kan?’ Iemand wat glo, kan enige iets doen.”
Compare
Explore Markus 9:23
2
Markus 9:24
Die seun se pa het dadelik hard gesê: “Ek volg U nog nie, maar ek glo, help my asseblief.”
Explore Markus 9:24
3
Markus 9:28-29
Jesus het huis toe gegaan, en toe sy dissipels alleen by Hom was, het hulle vir Hom gesê: “Ons kon nie die onrein gees uitjaag nie. Hoekom nie?” Jesus het hulle geantwoord: “'n Mens kan hierdie soort onrein gees net uitjaag as jy tot God bid.”
Explore Markus 9:28-29
4
Markus 9:50
Sout is nodig vir kos, maar as die sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan dit nie meer sout wees nie. Julle moet wees soos goeie sout in kos, daarom moet julle in vrede met mekaar lewe.”
Explore Markus 9:50
5
Markus 9:37
“Wanneer iemand vir een van die kinders wat aan My behoort, sê hy is welkom, dan sê hy Ek is ook welkom by hom. En wanneer Ek by iemand welkom is, dan is my Vader wat My gestuur het, ook welkom by hom.”
Explore Markus 9:37
6
Markus 9:41
As iemand vir julle 'n beker water gee omdat julle aan Christus behoort, dan sal God vir hom baie goeie dinge gee. Dit is seker.”
Explore Markus 9:41
7
Markus 9:42
“En as iemand een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat ophou glo, dan sal dit baie sleg gaan met hom. Dit sal vir hom beter wees as hulle 'n baie groot klip om sy nek vasmaak en hom in die see gooi.
Explore Markus 9:42
8
Markus 9:47
As dit jou oog is wat jou laat ophou glo, ruk dit uit. Dit is beter om een oog te hê en die lewe te ontvang wat kom van God, die Koning, as om met twee oë na die hel te gaan.
Explore Markus 9:47
Home
Bible
Plans
Videos