1
Spreuke 1:7-8
Bybel vir almal
Jy moet gehoorsaam wees aan die Here en jy moet Hom respekteer. As jy dit doen, dan is jy regtig slim. Dit is dwase wat dink dit is nie belangrik om wysheid te hê en om te leer nie. My kind, jy moet luister na wat jou pa en jou ma vir jou wil leer, jy moenie vergeet wat hulle vir jou leer nie.
Compare
Explore Spreuke 1:7-8
2
Spreuke 1:32-33
Ja, mense wat min weet, sterf omdat hulle nie wil luister nie, dwase gaan dood omdat hulle tevrede is met hulleself. Maar die mense wat na my luister, woon veilig, hulle is nie bekommerd nie, hulle is nie bang dat dit sleg sal gaan nie.”
Explore Spreuke 1:32-33
3
Spreuke 1:5
Wyse mense moet ook luister na die spreuke, sodat hulle nog meer sal weet. Verstandige mense moet leer
Explore Spreuke 1:5
4
Spreuke 1:10
My kind, wanneer sondaars jou verkeerd wil laat doen, dan moet jy nie luister na hulle nie.
Explore Spreuke 1:10
5
Spreuke 1:1-4
Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. Spreuke leer vir jou wysheid. Dit leer vir jou om te weet wanneer mense verstandige dinge sê, en dit leer vir jou om te luister wanneer iemand vir jou die regte dinge leer oor wat goed en reg en regverdig is. Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen.
Explore Spreuke 1:1-4
6
Spreuke 1:28-29
Dan sal julle skree en vra dat ek moet help, maar ek sal nie antwoord nie, julle sal my soek, maar julle sal my nie kry nie. Dit sal gebeur omdat julle dit haat om dinge te weet, en omdat julle nie gehoorsaam wou wees aan die Here en Hom nie wou eer nie.
Explore Spreuke 1:28-29
Home
Bible
Plans
Videos