1
Spreuke 3:5-6
Bybel vir almal
Jy moet met jou hele hart glo dat God jou altyd sal help, jy moenie dink dat jy self weet wat om te doen nie. Jy moet vir God vra om jou te lei in alles wat jy doen, dan sal Hy jou altyd lei.
Compare
Explore Spreuke 3:5-6
2
Spreuke 3:7
Jy moenie dink jy het die wysheid nie, jy moet die Here dien en jy moenie verkeerd doen nie.
Explore Spreuke 3:7
3
Spreuke 3:9-10
Jy moet die Here respekteer en Hom dien met alles wat jy het, met die beste van alles wat jy bymekaarmaak. Dan sal jou stoorkamers heeltemal vol wees, en daar sal so baie wyn wees dat jou parskuipe oorloop.
Explore Spreuke 3:9-10
4
Spreuke 3:3
Jy moet altyd doen wat jy belowe het, jy moet jou belofte hou en dit nie verander nie, jy moet dit jou hele lewe lank onthou, jy moet dit nooit vergeet nie.
Explore Spreuke 3:3
5
Spreuke 3:11-12
My seun, die dinge wat die Here vir jou leer, moet vir jou belangrik wees, jy moenie opstandig wees wanneer Hy jou straf nie, want Hy straf jou omdat Hy lief is vir jou, Hy doen dit soos 'n pa wat lief is vir sy kind.
Explore Spreuke 3:11-12
6
Spreuke 3:1-2
My seun, jy moenie vergeet wat ek vir jou leer nie, jy moet onthou wat ek vir jou sê, want dan sal jy lank lewe en dit sal goed gaan met jou.
Explore Spreuke 3:1-2
7
Spreuke 3:13-15
Dit gaan goed met die mens wat wysheid gekry het, met die mens wat verstandig geword het, want om wysheid te kry, is beter as om silwer en goud te kry. Wysheid is meer kosbaar as koraal. Baie dinge is vir jou kosbaar, maar niks is so kosbaar soos die wysheid nie.
Explore Spreuke 3:13-15
8
Spreuke 3:27
Wanneer jy iemand moet help en jy kan dit doen, dan moet jy nie wag nie.
Explore Spreuke 3:27
9
Spreuke 3:19
Die Here het wysheid en verstand, Hy het die aarde en die hemel gemaak.
Explore Spreuke 3:19
Home
Bible
Plans
Videos