1
Romeine 3:23-24
Bybel vir almal
Want al die mense het sonde gedoen en hulle lewe nie soos God, die Koning, wil hê hulle moet lewe nie, maar God spreek hulle vry omdat Hy baie goed is vir hulle, omdat Christus Jesus hulle vrygemaak het.
Compare
Explore Romeine 3:23-24
2
Romeine 3:22
God spreek mense vry omdat hulle in Jesus Christus glo. Ja, God spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie.
Explore Romeine 3:22
3
Romeine 3:25-26
God het vir Christus laat sterf. Dit is die offer waarmee God die sonde versoen van die mense wat in Christus glo. So het God gewys dat Hy altyd doen wat reg is. Die mense het sonde gedoen in die tyd voordat Christus gekom het, maar God het hulle nie gestraf nie. Hy het die mense nie gou gestraf nie, Hy het gewag tot nou toe om te wys dat Hy mense vryspreek. So wys Hy dat Hy altyd doen wat reg is, Hy wat elke mens vryspreek wat in Jesus glo.
Explore Romeine 3:25-26
4
Romeine 3:20
want Hy sal niemand vryspreek omdat hy doen wat die wette sê nie. Die wette wys vir ons wat sonde is, die wette wys niks meer nie.
Explore Romeine 3:20
5
Romeine 3:10-12
In die Ou Testament is daar geskryf: Niemand doen reg nie, nie een nie. Niemand is verstandig nie, niemand vra wat God wil hê nie. Niemand doen wat God wil hê nie, almal doen verkeerde dinge, nie een mens doen goed nie, niemand nie.
Explore Romeine 3:10-12
6
Romeine 3:28
Ja, ons weet God spreek mense vry omdat hulle glo, nie omdat hulle doen wat die wette sê nie.
Explore Romeine 3:28
7
Romeine 3:4
Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf: O God, wanneer U iets sê, dan is dit reg. Mense wat probeer om vir U te beskuldig, verloor altyd.
Explore Romeine 3:4
Home
Bible
Plans
Videos