1
Prediker 5:2
Die Bybel 2020-vertaling
Ja, 'n droom kom deur baie sorge en 'n dwase gepraat deur baie woorde.
Compare
Explore Prediker 5:2
2
Prediker 5:19
Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie: God laat hom besig bly met wat sy hart verbly.
Explore Prediker 5:19
3
Prediker 5:10
Wanneer iemand se voorspoed toeneem, word dié wat dit verbruik meer. Wat is die wins vir die besitter daarvan behalwe dat sy oë dit aanskou?
Explore Prediker 5:10
4
Prediker 5:1
Moenie gou wees met jou mond en laat jou hart nie haastig wees om 'n woord voor God te uiter nie. Want God is in die hemel en jy is op die aarde; daarom moet jou woorde min wees.
Explore Prediker 5:1
5
Prediker 5:4
Dit is beter dat jy nie beloof nie as dat jy beloof en nie betaal nie.
Explore Prediker 5:4
6
Prediker 5:5
Moenie jou mond toelaat om jou liggaam te laat sondig nie. Moenie voor die boodskapper van God sê dat dit 'n onopsetlike fout was nie. Waarom moet God vertoornd word oor jou woorde en jou handewerk vernietig?
Explore Prediker 5:5
7
Prediker 5:12
Daar is 'n siek euwel wat ek gesien het onder die son: rykdom wat deur die besitter bewaar is tot sy eie nadeel.
Explore Prediker 5:12
8
Prediker 5:15
Ja, dit is ook 'n siek euwel: Net soos hy gekom het, so gaan hy heen. Watter voordeel is daar vir hom dat hy hom vir wind afsloof?
Explore Prediker 5:15
Home
Bible
Plans
Videos