1
Esegiël 34:16
Die Bybel 2020-vertaling
“ ‘ “Dié wat wegraak, sal Ek soek; dié wat verstrooi is, sal Ek terugbring; dié met gebreekte bene sal Ek verbind, en die swakkes sal Ek laat sterk word. Maar die vettes en die sterkes sal Ek uitdelg. Ek sal my skape laat wei op die regte manier.
Compare
Explore Esegiël 34:16
2
Esegiël 34:12
Soos 'n herder sy kudde opspoor op die dag wanneer hy tussen die verstrooide kleinvee is, so sal Ek my kleinvee opspoor. Ek sal hulle red uit elke plek waarheen hulle verstrooi is op 'n dag van wolke en diepe duisternis.
Explore Esegiël 34:12
3
Esegiël 34:11
“ ‘ Ja, so sê my Heer, die HERE: “Kyk, Ek self, ja, Ek, gaan omsien na my kleinvee en hulle opspoor.
Explore Esegiël 34:11
4
Esegiël 34:15
Ek self sal my kleinvee laat wei; Ek self sal hulle laat lê en rus.” Dit is die uitspraak van my Heer, die HERE.
Explore Esegiël 34:15
5
Esegiël 34:31
“Julle is my kleinvee, die kleinvee van my weiding. Julle is my mense, Ek is julle God.” Dit is die uitspraak van my Heer, die HERE.’ ”
Explore Esegiël 34:31
6
Esegiël 34:2
“ Mensekind, profeteer teen die herders van Israel. Profeteer en sê vir hulle, vir die herders, ‘So sê my Heer, die HERE: “Wee die herders van Israel wat net aan hulleself weiding verskaf! Is dit nie die kleinvee aan wie die herders weiding moet verskaf nie?
Explore Esegiël 34:2
Home
Bible
Plans
Videos