1
Genesis 45:5
Die Bybel 2020-vertaling
Maar moet julle nou nie ontstel en julleself verwyt omdat julle my verkoop het en ek hier beland het nie; want dit is vir die behoud van lewens dat God my voor julle uit gestuur het.
Compare
Explore Genesis 45:5
2
Genesis 45:8
Dus, dit is nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my as 'n vader vir die farao aangestel, as 'n heer vir sy hele huishouding en 'n regeerder oor die hele Egipteland.
Explore Genesis 45:8
3
Genesis 45:7
Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle nakomelinge te vestig op aarde, en om julle in die lewe te hou met die oog op 'n groot uitredding.
Explore Genesis 45:7
4
Genesis 45:4
Josef sê toe vir sy broers: “Kom tog nader na my!” Hulle het nader gegaan, en toe sê hy: “Ek is Josef, julle broer; julle het my verkoop om na Egipte geneem te word.
Explore Genesis 45:4
5
Genesis 45:6
Ja, daar was nou al twee jaar lank hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie.
Explore Genesis 45:6
6
Genesis 45:3
Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef my pa nog?” Sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle het verbysterd voor hom gestaan.
Explore Genesis 45:3
Home
Bible
Plans
Videos