1
Johannes 10:10
Die Bybel 2020-vertaling
'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Compare
Explore Johannes 10:10
2
Johannes 10:11
Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
Explore Johannes 10:11
3
Johannes 10:27
My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
Explore Johannes 10:27
4
Johannes 10:28
Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal tot in ewigheid nooit verlore gaan nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
Explore Johannes 10:28
5
Johannes 10:9
Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Explore Johannes 10:9
6
Johannes 10:14
Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie, en my eie ken My
Explore Johannes 10:14
7
Johannes 10:29-30
My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.”
Explore Johannes 10:29-30
8
Johannes 10:15
net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken. En Ek lê my lewe af vir die skape.
Explore Johannes 10:15
9
Johannes 10:18
Niemand neem dit van My weg nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het volmag om dit af te lê, en Ek het volmag om dit weer op te neem. Hierdie opdrag het Ek van my Vader ontvang. ”
Explore Johannes 10:18
10
Johannes 10:7
Jesus het toe weer gesê: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Ek is die deur vir die skape.
Explore Johannes 10:7
11
Johannes 10:12
Die huurarbeider, wat nie 'n herder is nie, en aan wie die skape nie behoort nie, sien die wolf kom, los die skape en vlug – en die wolf vang en verjaag hulle
Explore Johannes 10:12
12
Johannes 10:1
“Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie nie by die hek van die kraal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim – daardie man is 'n dief en 'n rower.
Explore Johannes 10:1
Home
Bible
Plans
Videos