het U, in u groot ontferming,
hulle nie in die woestyn
agtergelaat nie.
Die wolkkolom,
om hulle op die pad te lei,
het bedags nie van hulle gewyk nie,
en die vuurkolom,
om vir hulle die pad te verlig
waarop hulle moes gaan,
ook nie snags nie.
U goeie Gees het U gegee
om aan hulle insig te gee;
u manna het U nie van hulle monde
weerhou nie;
en water het U vir hulle gegee
om hulle dors te les.
Veertig jaar lank het U hulle
onderhou in die woestyn;
hulle het geen gebrek gely nie;
hulle klere het nie verslyt nie,
en hulle voete het nie geswel nie.