1
Spreuke 15:1
Die Bybel 2020-vertaling
'n Sagte antwoord keer woede weg, maar 'n krenkende woord laat toorn opvlam.
Compare
Explore Spreuke 15:1
2
Spreuke 15:33
Ontsag vir die HERE is 'n vermaning tot wysheid, en nederigheid gaan eer vooraf.
Explore Spreuke 15:33
3
Spreuke 15:4
Kalmte van die tong is 'n boom van lewe, maar verdorwenheid daarvan breek die gees.
Explore Spreuke 15:4
4
Spreuke 15:22
Planne misluk waar daar geen beraadslaging is nie, maar met baie raadgewers hou dit stand.
Explore Spreuke 15:22
5
Spreuke 15:13
'n Vrolike hart laat die gesig goed lyk, maar by kommer in die hart is die gees neerslagtig.
Explore Spreuke 15:13
6
Spreuke 15:3
Op elke plek is die oë van die HERE, hulle hou slegtes en goeies dop.
Explore Spreuke 15:3
7
Spreuke 15:16
'n Bietjie, saam met ontsag vir die HERE, is beter as 'n groot skat met paniek daarby.
Explore Spreuke 15:16
8
Spreuke 15:18
'n Opvlieënde man sit 'n stryery aan die gang, maar 'n geduldige mens bring 'n geskil tot bedaring.
Explore Spreuke 15:18
9
Spreuke 15:28
Die hart van 'n regverdige oorweeg hoe om te antwoord, maar die mond van goddeloses stort booshede uit.
Explore Spreuke 15:28
Home
Bible
Plans
Videos