Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit na die hemel, dat daar duisternis oor Egipteland kan wees, ja, duisternis wat gevoel kan word.
En Moses het sy hand na die hemel uitgesteek; en daar was 'n digte duisternis in die hele Egipteland drie dae lank.
Hulle het mekaar nie gesien nie, en drie dae lank het niemand uit sy woonplek opgestaan nie, maar al die kinders van Israel het lig in hulle wonings gehad.