1
II KORINTHIËRS 4:18
Afrikaans 1933/1953
omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Compare
Explore II KORINTHIËRS 4:18
2
II KORINTHIËRS 4:16-17
DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid
Explore II KORINTHIËRS 4:16-17
3
II KORINTHIËRS 4:8-9
In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
Explore II KORINTHIËRS 4:8-9
4
II KORINTHIËRS 4:7
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
Explore II KORINTHIËRS 4:7
5
II KORINTHIËRS 4:4
naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Explore II KORINTHIËRS 4:4
6
II KORINTHIËRS 4:6
Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
Explore II KORINTHIËRS 4:6
Home
Bible
Plans
Videos