1
GÉNESIS 50:20
Afrikaans 1933/1953
Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
Compare
Explore GÉNESIS 50:20
2
GÉNESIS 50:19
Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God?
Explore GÉNESIS 50:19
3
GÉNESIS 50:21
Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
Explore GÉNESIS 50:21
4
GÉNESIS 50:17
So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.
Explore GÉNESIS 50:17
5
GÉNESIS 50:24
En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het.
Explore GÉNESIS 50:24
6
GÉNESIS 50:25
En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee — bring dan my gebeente hiervandaan op.
Explore GÉNESIS 50:25
7
GÉNESIS 50:26
En Josef het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis gesit in Egipte.
Explore GÉNESIS 50:26
Home
Bible
Plans
Videos