1
JESAJA 60:1
Afrikaans 1933/1953
STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
Compare
Explore JESAJA 60:1
2
JESAJA 60:3
En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.
Explore JESAJA 60:3
3
JESAJA 60:2
Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
Explore JESAJA 60:2
4
JESAJA 60:22
Die kleinste sal 'n geslag word en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die HERE, sal dit op die regte tyd gou laat kom.
Explore JESAJA 60:22
5
JESAJA 60:19
Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
Explore JESAJA 60:19
6
JESAJA 60:20
Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
Explore JESAJA 60:20
7
JESAJA 60:5
Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.
Explore JESAJA 60:5
8
JESAJA 60:4
Slaan jou oë rondom op en kyk — hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.
Explore JESAJA 60:4
9
JESAJA 60:21
En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit — as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.
Explore JESAJA 60:21
10
JESAJA 60:18
Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie — van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.
Explore JESAJA 60:18
11
JESAJA 60:11
En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog.
Explore JESAJA 60:11
12
JESAJA 60:6
'n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.
Explore JESAJA 60:6
13
JESAJA 60:10
En uitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm.
Explore JESAJA 60:10
14
JESAJA 60:15
In plaas dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
Explore JESAJA 60:15
15
JESAJA 60:16
En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob.
Explore JESAJA 60:16
Home
Bible
Plans
Videos