1
1 Kronieke 16:11
Die Boodskap
Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag. Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie.
Compare
Explore 1 Kronieke 16:11
2
1 Kronieke 16:34
Prys die Here, want Hy is goed. Sy goedheid hou net aan en aan, vir altyd!
Explore 1 Kronieke 16:34
3
1 Kronieke 16:8
Prys die Here! Bid tot Hom! Vertel vir almal op aarde wat die Here gedoen het.
Explore 1 Kronieke 16:8
4
1 Kronieke 16:10
Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam. Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees.
Explore 1 Kronieke 16:10
5
1 Kronieke 16:12
Dink aan al die groot wonderwerke wat die Here gedoen het. Onthou sy magtige dade, hoe Hy sy voorskrifte aan ons gegee het.
Explore 1 Kronieke 16:12
6
1 Kronieke 16:9
Sing liedere, maak die Here se Naam groot. Juig oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen.
Explore 1 Kronieke 16:9
7
1 Kronieke 16:25
Die Here is baie groot en daarom moet ons Hom met die mooiste woorde grootmaak. Hy is groter as alle ander gode.
Explore 1 Kronieke 16:25
8
1 Kronieke 16:29
Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien. Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak, kniel voor Hom en erken Hom vir wie Hy regtig is.
Explore 1 Kronieke 16:29
9
1 Kronieke 16:27
As ’n mens by die Here is, word jy oorweldig; oorweldig deur hoe Hy oor alles heers, hoe belangrik Hy in vergelyking met enigiemand anders is, hoe sterk Hy is en hoe mooi alles by Hom is.
Explore 1 Kronieke 16:27
10
1 Kronieke 16:23
Kom sing vir die Here, almal op aarde. vertel elke dag hoe Hy ons uit die nood gered het.
Explore 1 Kronieke 16:23
11
1 Kronieke 16:24
Moenie stilbly by die volke nie. Vertel vir die nasies hoe sterk die Here is en wat Hy alles kan doen.
Explore 1 Kronieke 16:24
12
1 Kronieke 16:22
God het vir hulle gesê: “Moet dit nie waag om julle hand teen my kinders te lig nie. Hulle is Myne. Moet dit ook nie waag om een van my boodskappers seer te maak nie.”
Explore 1 Kronieke 16:22
13
1 Kronieke 16:26
Wat is die ander gode in vergelyking met Hom? Net mooi niks nie! Mense het hulle gemaak. Maar ons Here het die hemel gemaak.
Explore 1 Kronieke 16:26
14
1 Kronieke 16:15
Hy onthou die ooreenkoms wat Hy met sy volk gemaak het, sy beloftes wat Hy aan 1 000 geslagte gegee het!
Explore 1 Kronieke 16:15
15
1 Kronieke 16:31
Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop. Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskreeu. Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here is koning!”
Explore 1 Kronieke 16:31
16
1 Kronieke 16:36
Die Here, die God van Israel, moet geloof word, nou en vir altyd. Die hele volk het uitgeroep: “Amen” en hulle het die Here geloof.
Explore 1 Kronieke 16:36
17
1 Kronieke 16:28
Elke mens op hierdie aarde moet die Here erken vir wie Hy regtig is. Hulle moet erken dat Hy sterker en belangriker as enigiemand anders is.
Explore 1 Kronieke 16:28
Home
Bible
Plans
Videos