1
Prediker 2:26
Die Boodskap
As God van iemand hou, gee Hy hom wysheid en kennis en geluk. Al die ander moet hard werk en al hulle geld spaar sodat dit weer aan daardie mense van wie God hou, gegee kan word. Ook dit kom tot niks. Dis ’n gejaag na wind.
Compare
Explore Prediker 2:26
2
Prediker 2:24-25
Die beste ding wat met enige mens kan gebeur, is om te eet en te drink en iets van sy harde werk te geniet. En ek het agtergekom dat ook dit uit God se hand kan kom. Wie kan tog eet en geniet sonder dat God dit toelaat en dit ook goedkeur?
Explore Prediker 2:24-25
3
Prediker 2:11
Toe het ek alles wat ek gedoen het, krities begin ondersoek. Oor my werk en inspanning het ek baie nagedink. En ek het besef dat alles sinloos is. Dit is bloot net ’n mors van tyd. In hierdie wêreld is daar absoluut géén sin nie.
Explore Prediker 2:11
4
Prediker 2:10
Wat ek in dié tyd wou gehad het, het ek gekry. Ek het myself niks ontsê nie. En ek was gelukkig oor wat ek alles bereik het. Dit was die beloning vir al my moeite.
Explore Prediker 2:10
5
Prediker 2:13
En my slotsom? Soos ’n lig in die donker beter is as niks nie, so is wysheid beter as domheid.
Explore Prediker 2:13
6
Prediker 2:14
’n Wyse kan dus sien waar om te loop en die dwase nie. Een ding het ek egter ontdek: dieselfde lot tref wyse en dwase mense.
Explore Prediker 2:14
7
Prediker 2:21
’n Mens kan elke dag met oorgawe werk, en dan kom daar iemand wat glad nie daarvoor gewerk het nie en hy stap met alles weg. Dit is mos verkeerd; dis opperste sinloosheid.
Explore Prediker 2:21
Home
Bible
Plans
Videos