1
Jesaja 45:3
Die Boodskap
Ek gee vir jou die skatte wat in donker plekke bewaar word, die rykdom wat weggesteek word. Ek doen dit vir jou sodat jy kan weet dat dit Ek, die Here, die God van Israel is wat jou geroep het om te regeer.
Compare
Explore Jesaja 45:3
2
Jesaja 45:2
Ek gaan voor jou uit. Ek maak jou pad gelyk. Ek breek koperdeure vir jou oop. Ek kap ysterslotte vir jou stukkend.
Explore Jesaja 45:2
3
Jesaja 45:5-6
Ek is die Here. Behalwe vir My is daar nie ander gode nie. Ek het jou sterk gemaak vir jou werk, al ken jy My glad nie. Ek wil hê dat die hele wêreld moet weet dat daar niemand anders is behalwe Ek nie. Ek is die Here en daar is niemand anders naas My nie.
Explore Jesaja 45:5-6
4
Jesaja 45:7
Dit is Ek wat die lig gemaak het, maar ook die donker. Vrede, maar Ek bring ook teëspoed. Ek is die Here. Ek het al hierdie dinge gemaak.
Explore Jesaja 45:7
5
Jesaja 45:22
Laat almal oor die hele wêreld na My toe kom dat Ek julle kan bevry. Daar is mos nie ’n ander God wat dit vir julle kan doen nie.
Explore Jesaja 45:22
6
Jesaja 45:1
Die Here laat Kores regeer. Hy maak hom sterk. Hy gee vir hom die krag om ander nasies voor hom te laat buig. Hy laat konings hulle wapens voor hom neerlê. Geen stad kan hom uit hou nie. Hy breek hekke oop om stede binne te val. Die Here sê vir hom
Explore Jesaja 45:1
7
Jesaja 45:23
Ek maak ’n belofte vir julle wat vir altyd bly: elke mens sal nog voor My kom buig en bely dat Ek die Here is.
Explore Jesaja 45:23
8
Jesaja 45:4
Ek het spesifiek vir jou geroep. Ek doen dit ter wille van Jakob wat My dien, ter wille van Israel wat Ek gekies het om aan My te behoort. Ek het jou ’n spesiale posisie gegee, al het jy My nie geken nie.
Explore Jesaja 45:4
Home
Bible
Plans
Videos