1
Josua 10:13
Die Boodskap
Toe het die son en maan nie beweeg nie totdat die volk hulle vyande verslaan het. So is dit ook opgeteken in die Boek van die opregte. Die son het in die middel van die hemel bly staan, vir byna ’n volle dag, en nie soos op ’n gewone dag ondergegaan nie.
Compare
Explore Josua 10:13
2
Josua 10:12
Op die dag waarop die Here aan Israel die oorwinning oor die Amoriete gegee het, het Josua voor die manskappe vir die Here hulp gevra en gesê: “Son, staan asseblief stil oor Gibeon en maan, oor die vallei van Ajalon.”
Explore Josua 10:12
3
Josua 10:14
Dit het nooit voor hierdie dag of ooit weer daarna gebeur nie. Maar op daardie dag het die Here na ’n mens se versoek geluister en dit gedoen omdat Hy vir Israel die oorwinning wou gee.
Explore Josua 10:14
4
Josua 10:8
Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie. Die oorwinning is joune. Nie een van hulle sal teen jou kan bly staan nie.”
Explore Josua 10:8
5
Josua 10:25
Toe sê Josua vir hulle: “Moenie bang of bekommerd wees nie. Maar wees sterk en vasberade, want dit is presies wat die Here vorentoe met al julle vyande gaan doen.”
Explore Josua 10:25
Home
Bible
Plans
Videos