1
Markus 9:23
Die Boodskap
As U ons enigsins kan help, smeek ek U, sien ons verdriet raak en help ons, asseblief!” Jesus reageer toe: “Sê jy: ‘As Ek kan’? Wel, as ’n mens vertrou, is enigiets moontlik.”
Compare
Explore Markus 9:23
2
Markus 9:24
Die seun se pa roep toe uit: “Ek vertrou, en as ek hier en daar nie vertrou soos ek moet nie, help my asseblief daarmee ook.”
Explore Markus 9:24
3
Markus 9:28-29
Nadat Jesus-hulle weer by die huis ingegaan het, vra sy dissipels Hom stilletjies: “Hoekom kon ons nie van die bose gees ontslae raak nie?” Jesus sê toe: “Hierdie soort bose gees kan net uitgedryf word as jy God in gebed daarvoor vra.”
Explore Markus 9:28-29
4
Markus 9:50
Sout is goed, maar as dit sy smaak verloor, wat dan? Hoe kry ’n mens dit dan weer sout?
Explore Markus 9:50
5
Markus 9:37
“Wie mooi en goed optree teenoor een van hierdie kinders omdat hy in My glo, tree eintlik mooi en goed teenoor My op. En as iemand mooi en goed teenoor My optree, tree hy eintlik goed op teenoor God wat My gestuur het.”
Explore Markus 9:37
6
Markus 9:41
“Luister ’n bietjie hier. Al sou iemand julle net ’n bietjie water gee omdat julle Christene is, sal God vir so ’n persoon iets teruggee.
Explore Markus 9:41
7
Markus 9:42
En as iemand ’n Christen, al is hy hoe onbelangrik, op die verkeerde pad lei, sal God hom laat boet. Dit sal vir hom beter wees om ’n groot klip om sy nek vas te maak en in die diep see te gaan spring. Moenie dinge te ligtelik opneem nie.
Explore Markus 9:42
8
Markus 9:47
As jou oog die hele tyd net na verkeerde dinge wil kyk, ruk dit uit. Sorg liewer dat jy deel van God se nuwe wêreld is, al is dit met net een oog, want dit is beter as om met twee oë in die hel te sit.
Explore Markus 9:47
Home
Bible
Plans
Videos