1
Spreuke 17:17
Die Boodskap
Kies jou vriende versigtig. ’n Ware vriend sal jou deur dik en dun bystaan. Soos ’n goeie broer is hy altyd by jou. ’n Mooiweersvriend sal jou net ondersteun terwyl dit goed gaan.
Compare
Explore Spreuke 17:17
2
Spreuke 17:22
Vreugde en geluk is goed vir jou gesondheid. Depressie kan jou knak.
Explore Spreuke 17:22
3
Spreuke 17:9
As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde baie goed. Wie iemand altyd verwyt of hom aan sy skuld herinner, verloor gou al sy vriende.
Explore Spreuke 17:9
4
Spreuke 17:27
Wie let op wat hy sê, verstaan wat wysheid is. Wie sy humeur in toom hou, ken die regte lewenstyl.
Explore Spreuke 17:27
5
Spreuke 17:28
Selfs ’n dwaas tree reg op wanneer hy sy praatlus bedwing. As hy geheime kan hou, is hy slim.
Explore Spreuke 17:28
6
Spreuke 17:1
Eerder met min klaarkom en gelukkig wees, as om oorvloed te hê en heeltyd te baklei.
Explore Spreuke 17:1
7
Spreuke 17:14
’n Rusie begin altyd klein en word dan erger en erger. Dit is soos ’n damwal. Eers is die lek klein, en dan breek die wal. Keer die rusie voordat dit te ver gaan.
Explore Spreuke 17:14
8
Spreuke 17:15
Die Here hou niks van mense wat verkeerde dinge goedpraat en gelowiges afkraak nie.
Explore Spreuke 17:15
Home
Bible
Plans
Videos