1
Openbaring 22:13
Die Boodskap
Ek is die Een by wie alles begin en by wie alles ook eindig; die Eerste en die Laaste. Niks bestaan of gebeur buite My om nie.
Compare
Explore Openbaring 22:13
2
Openbaring 22:12
“Kyk, Ek is op pad, Ek kom gou,” sê Christus. “My lys van wie beloon moet word, bring Ek saam. Ek sal elkeen gee wat hy volgens sy optrede verdien.
Explore Openbaring 22:12
3
Openbaring 22:17
Die Gees asook die bruid sê: “Kom!” Wie hierdie woorde hoor, moet ook sê: “Kom!” Laat die een wat geestelik dors het, kom. Enigeen wat graag wil, kan die water wat ’n mens vir ewig laat leef, verniet kom kry.
Explore Openbaring 22:17
4
Openbaring 22:14
“Hoe gelukkig is die mense wat hulle klere skoon was sodat hulle reg is vir God se groot fees! Hulle sal reguit deur die poorte van die stad kan instap. Die boom wat aan mense lewe gee, sal hulle s’n wees.
Explore Openbaring 22:14
5
Openbaring 22:7
Maak jou reg; Ek kom gou! Enigeen wat die boodskap van God in hierdie boek lees, moet homself baie gelukkig ag!”
Explore Openbaring 22:7
6
Openbaring 22:5
Dit sal ook nooit donker word nie. Daarom sal lampe, ligte en selfs die son oorbodig wees. Die rede is dat die Here God self vir hulle soos lig sal wees. Hulle sal vir ewig en altyd soos konings leef. Nooit weer sal hulle iemand anders as net die Here dien nie.
Explore Openbaring 22:5
7
Openbaring 22:20-21
Hy wat hierdie dinge aan ons met soveel oortuiging vertel het, sê nou weer: “Sowaar, Ek is op pad; Ek kom gou.” “Laat dit wees soos U sê! Kom, Here Jesus!” Mag die Here Jesus baie goed vir julle almal wees.
Explore Openbaring 22:20-21
8
Openbaring 22:18-19
En nou ’n waarskuwing: dit gaan aan almal wat die boodskap van hierdie boek hoor. Ek waarsku die persoon wat enigiets by hierdie boodskap bysit. God sal hom met al die plae en slegte dinge tref waarvan daar in hierdie boek vertel word. Iemand wat iets van God se boodskap in hierdie boek weglaat, moet ook gewaarsku wees. God sal sy aandeel in die boom wat aan mense die lewe gee en sy plek in die heilige stad vir ewig wegneem. (Dit is die boom en die stad waarvan vroeër in die boek gepraat is.)
Explore Openbaring 22:18-19
Home
Bible
Plans
Videos