1
2 KRONIEKE 20:15
Afrikaans 1983
en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.
Compare
Explore 2 KRONIEKE 20:15
2
2 KRONIEKE 20:17
Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”
Explore 2 KRONIEKE 20:17
3
2 KRONIEKE 20:12
Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.”
Explore 2 KRONIEKE 20:12
4
2 KRONIEKE 20:21
Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
Explore 2 KRONIEKE 20:21
5
2 KRONIEKE 20:22
Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely.
Explore 2 KRONIEKE 20:22
6
2 KRONIEKE 20:3
Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek. Hy het 'n vasdag in die hele Juda uitgeroep
Explore 2 KRONIEKE 20:3
7
2 KRONIEKE 20:9
‘As U 'n ramp oor ons bring, of 'n oorlog om ons te straf, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan, voor U, want u Naam is in hierdie tempel, en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons!’
Explore 2 KRONIEKE 20:9
8
2 KRONIEKE 20:16
Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn uitloop.
Explore 2 KRONIEKE 20:16
9
2 KRONIEKE 20:4
en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.
Explore 2 KRONIEKE 20:4
Home
Bible
Plans
Videos