Koning Darius het toe aan al die volke, nasies en taalgroepe wat oor die hele wêreld gewoon het, 'n skrywe gerig: “Voorspoed! Ek gee hiermee opdrag dat in my hele koninkryk die God van Daniël gevrees en geëer moet word.
“Hy is die lewende God, Hy bestaan vir ewig;
sy koninkryk sal nie vernietig word nie,
sy heerskappy sal nooit eindig nie.