1
DEUTERONOMIUM 18:10-11
Afrikaans 1983
Daar mag nie iemand by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar of 'n slangbesweerder of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie.
Compare
Explore DEUTERONOMIUM 18:10-11
2
DEUTERONOMIUM 18:12
Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf.
Explore DEUTERONOMIUM 18:12
3
DEUTERONOMIUM 18:22
moet jy weet: as 'n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”
Explore DEUTERONOMIUM 18:22
4
DEUTERONOMIUM 18:13
Jy moet opreg wees voor die Here jou God.
Explore DEUTERONOMIUM 18:13
Home
Bible
Plans
Videos