1
GENESIS 45:5
Afrikaans 1983
Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red.
Compare
Explore GENESIS 45:5
2
GENESIS 45:8
Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my laat aanstel as die farao se raadgewer en as bevelhebber oor sy huis en as regeerder oor die hele Egipte.
Explore GENESIS 45:8
3
GENESIS 45:7
God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.
Explore GENESIS 45:7
4
GENESIS 45:4
Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring.
Explore GENESIS 45:4
5
GENESIS 45:6
Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie.
Explore GENESIS 45:6
6
GENESIS 45:3
Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?” Sy broers kon hom nie antwoord nie, hulle was te bang vir hom.
Explore GENESIS 45:3
Home
Bible
Plans
Videos