1 KONINGS 17
17
Elia kondig ’n droogte aan
1Elia die Tisbiet het hom tydelik in Gilead gevestig. Hy het vir Agab gesê: “So seker as wat die Here die God van Israel leef, die God wat ek dien, in die volgende aantal jare sal daar geen dou of reën val nie behalwe wanneer ek so sê.”
2Toe sê die Here vir Elia: 3“Gaan ooswaarts van hier en kruip weg by die Kritspruit, net anderkant die Jordaanrivier. 4Jy kan uit die spruit water drink en Ek sal die kraaie beveel om vir jou kos te bring.”
5Elia het gemaak soos die Here hom beveel het en by Kritspruit anderkant die Jordaanrivier gaan wegkruip. 6Die kraaie het soggens en saans vir hom brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink. 7Na ’n tyd het die spruit egter opgedroog, want daar het geen reën in die opvanggebied geval nie.
Die weduwee van Sarfat
8Toe sê die Here vir Elia: “Gaan bly in die dorp Sarfat naby die stad Sidon. Daar woon ’n weduwee. Ek het aan haar opdrag gegee om vir jou te sorg.”
9Elia het na Sarfat toe gegaan. By die poort van die dorp aangekom, sien hy ’n weduwee wat hout bymekaarmaak. Hy vra haar: 10“Bring tog asseblief vir my ’n bietjie water om te drink!” 11Terwyl sy wegloop om dit te gaan haal, roep hy agter haar aan: “Bring tog ook vir my ’n stukkie brood!”
12Maar sy antwoord hom: “Ek verseker jou voor die Here jou God dat ek nie ’n stukkie brood in my huis het nie. Ek het net ’n hand vol meel oor in die kruik en ’n klein bietjie kookolie in die erdekan. Ek was juis besig om hout bymekaar te maak om hierdie laaste maaltyd vir my en my seun gaar te maak. Daarna moet ons maar sterf.”
13Elia sê vir haar: “Moenie bekommerd wees nie! Gaan aan en doen soos jy sê, maar bak eers vir my ’n roosterkoek en bring dit vir my. Daarna kan jy vir jou en jou seun sorg. 14So sê die Here die God van Israel: ‘Die meel in die kruik sal nie opraak nie en die olie in die erdekan sal nie minder word nie totdat die Here weer oor die land laat reën het.’”
15Sy het gedoen soos Elia gesê het. Voortaan het hulle al drie elke dag genoeg gehad om te eet. 16Die kruik was altyd vol meel en die olie in die erdekan het nie opgeraak nie. Dit was net soos die Here deur Elia beloof het.
17’n Tyd later het die vrou se seun siek geword. Hy het al sieker geword en gesterf. 18Sy sê toe vir Elia: “Man van God, kyk wat het jy aan my gedoen! Het jy gekom om my aan my sondes te herinner en om my seun dood te maak?”
19Maar Elia antwoord: “Gee jou seun vir my.” Hy het die seun uit haar arms geneem en hom na die bokamer waar hy gebly het, geneem en op sy bed neergelê. 20Elia pleit toe by die Here: “O Here my God, moes U hierdie ramp oor die vrou bring by wie ek bly en haar seun laat sterf?”
21Hy het homself drie keer oor die kind uitgestrek en by die Here gepleit: “O Here my God, laat hierdie kind tog weer lewe.” 22Die Here het Elia se gebed verhoor en die kind het weer lewendig geword. 23Toe bring Elia die kind uit die bokamer af ondertoe en gee hom terug vir sy ma en sê: “Kyk, jou seun lewe!”
24Die weduwee sê toe vir Elia: “Nou weet ek vir seker dat jy ’n man van God is en dat die Here regtig die waarheid deur jou praat.”
Currently Selected:
1 KONINGS 17: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: