1 KONINGS 20
20
’n Onderonsie tussen Agab en Ben-Hadad
1Koning Ben-Hadad van Aram het sy leër opgeroep. Hy is gesteun deur 32 konings met hulle perde en strydwaens. Hulle het Samaria, die hoofstad van Israel, beleër en dit aangeval.
2Ben-Hadad het boodskappers die stad in gestuur na koning Agab van Israel 3en vir hom laat weet: “Ben-Hadad sê: ‘Jou silwer en goud behoort aan my, ook die mooiste van jou vroue en kinders.’”
4“Dis goed so, my heer,” antwoord Agab terug. “Ek en alles wat ek besit, behoort aan u!”
5Ben-Hadad se boodskappers het weer by Agab gekom en gesê: “Ben-Hadad laat weet: ‘Ek het reeds geëis dat jy jou silwer en goud, jou vroue en kinders vir my moet gee. 6Maar môre omtrent hierdie tyd stuur ek my amptenare om jou paleis en die wonings van jou onderdane te deursoek. Hulle sal alles vat wat jy as waardevol beskou.’”
7Die koning van Israel roep toe al die leiers van die land bymekaar en sê: “Let op hoe hierdie man nou moeilikheid soek! Ek het reeds ingestem toe hy my vroue en kinders, my silwer en goud opgeëis het.”
8Die leiers en die hele volk sê egter: “Moenie luister nie, en moenie toegewings maak nie!”
9Agab sê toe vir Ben-Hadad se boodskappers: “Sê vir my heer, die koning: ‘Ek sal vir u alles gee waarvoor u die eerste keer gevra het. Aan die laaste eis kan ek egter nie toegee nie.’” Die boodskappers het teruggegaan en die antwoord oorgedra.
10Ben-Hadad stuur toe die volgende boodskap vir Agab: “Mag die gode onheil oor my bring as daar nog genoeg stof van Samaria oorbly dat ek vir elkeen van my manskappe ’n hand vol kan gee.”
11Die koning van Israel antwoord hom: “Hulle sê: ’n Soldaat wat nog aantrek vir die geveg moenie spog soos een wat alreeds oorwin het nie.”
12Toe Ben-Hadad hierdie antwoord hoor, was hy en die ander konings besig om in die tente te drink. “Maak julle klaar om aan te val,” sê Ben-Hadad vir sy offisiere. Hulle het toe voorberei vir die aanval.
Agab oorwin Ben-Hadad
13’n Profeet het na koning Agab toe gekom en vir hom gesê: “Dit is die boodskap van die Here: ‘Sien jy hierdie groot menigte? Ek sal hulle vandag in jou mag oorgee. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.’”
14Agab vra toe: “Hoe sal die Here dit doen?”
Die profeet het geantwoord: “Dit is wat die Here sê: ‘Deur die jong soldate van die distrikshoofde.’”
“Wie moet eerste aanval?” vra Agab.
“U moet,” antwoord die profeet.
15Agab het toe die jong soldate van die distrikshoofde opgestel. Daar was 232 van hulle. Hy het ook die res van sy leër van 7 000 man agter hulle opgestel. 16Teen ongeveer die middag, terwyl Ben-Hadad en die konings van die 32 bondgenote nog besig was om in hulle tente te drink, 17het die jong soldate van die distrikshoofde aan die voorpunt uit die stad opgeruk. Soos hulle naderkom, is Ben-Hadad ingelig: “Daar kom troepe uit Samaria.”
18“Of hulle nou kom vir vrede of vir oorlog, vang hulle lewendig!” beveel Ben-Hadad.
19Teen hierdie tyd het die jong soldate van die distrikshoofde reeds uit die stad getrek, met die leër agter hulle aan. 20Elke Israelitiese soldaat het sy Aramese opponent doodgemaak. Die hele Aramese leër het paniekbevange gevlug, met die Israeliete agter hulle aan. Koning Ben-Hadad en ’n klompie ander het egter op perde gevlug. 21Die koning van Israel het uit die stad gekom en die perderuiters en strydwamagte verslaan. Die Arameërs is in groot getalle afgemaai.
22Daarna het die profeet weer gekom en vir koning Agab gesê: “Tref voorbereidings en beplan vir nog ’n aanval, want oor ’n jaar sal die koning van Aram weer teen u optrek.”
Ben-Hadad verloor ’n tweede keer
23Daarna het Ben-Hadad se raadgewers vir hom gesê: “Die gode van die Israeliete is berggode. Dis hoekom hulle gewen het. Maar as ons die oorlog op die vlaktes voer, sal ons hulle verslaan. 24Ons moet net die volgende verandering maak: Onthef die konings van hulle bevelsposisies en vervang hulle met gewone bevelvoerders. 25U moet self weer ’n leër op die been kry soos die een wat verslaan is. Laat daar net soveel perderuiters, strydwaens en manne wees soos voorheen. Dan pak ons hulle op die vlaktes. Daar is geen twyfel dat ons hulle dan sal verslaan nie.” Koning Ben-Hadad het toe gemaak soos hulle voorgestel het.
26Die volgende jaar het hy die Aramese leër opgeroep en na Afek opgetrek om teen Israel te veg. 27Israel het hulle leër opgeroep en goed voorbereid teen die vyand opgetrek. Die Israeliete het teenoor die Arameërs kamp opgeslaan. Hulle het egter soos twee troppe bokke gelyk in vergelyking met die groot Aramese mag wat oor die vlakte verspreid was.
28Die man van God het weer na die koning van Israel gegaan en gesê: “Dit is wat die Here sê: ‘Die Arameërs het gesê die Here is ’n berggod en nie ’n god van die vlaktes nie. Daarom gee Ek hierdie groot leër oor in julle mag. Dan sal julle erken dat Ek die Here is.’”
29Die twee leërs het sewe dae lank so teenoor mekaar opgestel gestaan. Op die sewende dag het die geveg uitgebreek. Die Israeliete het 100 000 Aramese voetsoldate op een dag doodgemaak. 30Die res het na die stad Afek gevlug. Toe val die muur om op 27 000 man. Ben-Hadad het die stad in gevlug en van huis tot huis weggekruip. 31Ben-Hadad se offisiere sê toe vir hom: “Ons het gehoor die konings van Israel is baie genadig. Kom ons trek rouklere aan en maak toue om ons koppe vas. Dan gee ons ons oor aan die koning van Israel. Miskien sal hy u lewe spaar.”
32Hulle trek toe rouklere aan en sit toue om hulle koppe. So het hulle na die koning van Israel gegaan en hom gesmeek: “U dienaar Ben-Hadad sê: ‘Laat my asseblief lewe!’”
Die koning van Israel antwoord: “Lewe hy nog? Hy is my broer!”
33Die boodskappers het gou na hierdie strooihalm van hoop gegryp, en geantwoord: “Ja, Ben-Hadad ís u broer!”
“Gaan haal hom dan,” sê die koning van Israel. Toe Ben-Hadad daar kom, het Agab hom genooi om op sy strydwa te klim.
34Ben-Hadad sê vir hom: “Ek sal al die dorpe wat my pa van jou pa afgevat het, teruggee. Jy kan ook ’n handelsbuurt in Damaskus inrig soos my pa in Samaria gedoen het.”
Agab sê toe: “As jy ’n ooreenkoms met my sluit, sal ek jou vrylaat.” Hulle het toe ’n ooreenkoms aangegaan en hy het Ben-Hadad laat gaan.
’n Profeet veroordeel Agab
35In opdrag van die Here het een profeet vir ’n ander een gesê: “Slaan my!” Maar die man het geweier om dit te doen. 36Toe sê die profeet vir hom: “Kyk, omdat jy ongehoorsaam was aan die woord van die Here sal ’n leeu jou doodmaak sodra jy van my af weggaan.” Toe hy weggaan, het ’n leeu hom dan ook teëgekom en hom verskeur.
37Daarna gaan die profeet na iemand anders en sê: “Slaan my!” Hy het so gemaak, hom geslaan en selfs verwond.
38Die profeet het ’n verband oor sy oë gedraai om homself te vermom en langs die pad die koning ingewag. 39Toe die koning verbykom, roep die profeet na hom en sê: “My heer, terwyl ek in die geveg was, bring iemand ’n gevangene na my toe. Hy het gesê: ‘Pas hierdie man op. As hy om enige rede ontsnap, sal jy vir hom moet instaan of ’n boete van 30 kilogram silwer betaal.’ 40Maar terwyl ek met iets anders besig was, het die gevangene weggekom!”
“Nou, dan is dit jou fout,” antwoord die koning van Israel. “Jy het die oordeel oor jouself gebring.”
41Toe ruk die profeet die verband van sy oë af en die koning het hom as een van die profete herken. 42Die profeet sê vir hom: “Dit is wat die Here sê: ‘Jy het die lewe gespaar van die man wie se lewe Ek geëis het#20:42 ’n Uitdrukking wat ook vertaal word met met die banvloek tref, of heeltemal uitroei.. Daarom sal jy in sy plek sterf en jou volk in die plek van sy volk.’” 43Die koning van Israel het bedruk en woedend na sy huis toe gegaan en in Samaria aangekom.
Currently Selected:
1 KONINGS 20: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: