YouVersion Logo
Search Icon

1 SAMUEL 28:7-8

1 SAMUEL 28:7-8 NLV

Saul beveel toe sy amptenare: “Soek ’n vrou wat ’n dodebesweerder is sodat ek vir haar kan gaan vra wat om te doen.” Sy amptenare antwoord: “Daar is ’n dodebesweerder in En-Dor.” Saul het homself vermom en ander klere aangetrek. Vergesel van twee van sy manskappe het hy in die nag na die vrou se huis toe gegaan. “Raadpleeg vir my die gees van ’n afgestorwene,” sê hy. “Roep die een op wat ek vir jou sal sê.”