2 KONINGS 4
4
Elisa help ’n arm weduwee
1Op ’n dag kom die weduwee van een van die profete na Elisa toe en bekla haar nood by hom: “My man, u dienaar, is dood. U weet hoe hy die Here gedien het. Nou dreig die skuldeiser om my twee seuns as slawe weg te neem.”
2“Wat kan ek doen om jou te help?” vra Elisa. “Sê vir my, wat het jy in jou huis?”
“Hoegenaamd niks nie, behalwe ’n kan met olie,” antwoord sy.
3Toe sê Elisa: “Gaan leen leë kruike by al jou bure. Leen soveel as wat jy kan kry. 4Dan moet jy en jou seuns in jou huis ingaan en die deur agter julle toemaak. Maak dan al die leë kruike vol olie. Dié wat vol is, moet jy eenkant sit.”
5Sy het gedoen soos hy gesê het en die deur agter hulle toegemaak. Haar seuns het die kruike vir haar gebring, en sy het die een na die ander vol gemaak. 6Spoedig was elke kruik propvol!
“Bring vir my nog ’n kruik,” sê sy vir een van haar seuns.
“Daar is nie meer nie!” sê hy vir haar. Toe het daar nie meer olie uit die kan gekom nie.
7Sy het vir die man van God gaan vertel wat gebeur het. Hy sê vir haar: “Gaan verkoop nou die olie en betaal jou skuld. Van dit wat oorbly, kan jy en jou seuns lewe.”
Elisa en die vrou uit Sunem
8Op ’n keer het Elisa na die dorp Sunem toe gegaan. Daar het ’n baie welgestelde vrou gewoon. Sy het by hom aangedring om by hulle te kom eet. Van toe af het hy elke keer wanneer hy daar verbygegaan het daar geëet.
9Na ’n tyd sê sy vir haar man: “Ek dink die man wat dikwels hier by ons aankom, is ’n heilige man van God. 10Kom ons bou vir hom ’n dakkamertjie en meubileer dit met ’n bed, ’n tafel, ’n stoel en ’n lamp. Dan kan hy daarin oorbly wanneer hy hierlangs kom.”
11Eendag kom Elisa weer daar aan en kon na die dakkamer toe gaan om daar te rus. 12Hy sê toe vir sy dienaar Gehasi: “Gaan roep die Sunemmitiese vrou.” Toe sy daar aankom, 13sê Elisa vir Gehasi: “Sê vir haar: ‘Ons waardeer al die moeite wat jy vir ons gedoen het. Maar wat kan ons vir jou doen? Moet ek dalk ’n goeie woordjie vir jou by die koning doen, of dalk by die hoof van die leër?’”
“Nee,” antwoord sy. “Ek is gelukkig tussen my mense wat vir my omgee.”
14Elisa vra: “Is daar nie tog iets wat ons vir haar kan doen nie?”
Gehasi sê toe: “Sy het nie ’n seun nie en haar man is al oud.”
15“Gaan roep haar weer,” sê Elisa vir hom. Toe die vrou terugkom, sê Elisa vir haar terwyl sy in die deur staan: 16“Volgende jaar hierdie tyd sal jy ’n seun in jou arms vashou!”
“Nee, Meneer!” maak sy beswaar. “Asseblief, man van God, moenie vir my onwaarhede vertel nie.” 17Maar die vrou hét swanger geword. ’n Jaar later het sy ’n seun in die wêreld gebring net soos Elisa vir haar gesê het.
18Toe die kind groter geword het, het hy op ’n keer na sy pa toe gegaan waar hy en die werkers besig was om te oes. 19Skielik roep hy: “My kop! My kop!”
Sy pa sê toe vir een van die werkers: “Dra hom na sy ma toe.”
20Die dienaar het hom huis toe geneem en sy ma het hom op haar skoot vasgehou. Teen die middag het hy egter gesterf. 21Sy dra hom toe boontoe en lê hom op die bed van die man van God neer, gaan uit en trek die deur toe. 22Toe roep sy haar man en vra: “Stuur tog een van die werkers en ’n donkie sodat ek na die man van God toe kan gaan en gou weer kan terugkom.”
23“Hoekom wil jy dan vandag gaan?” wil hy weet. “Dit is tog nie ’n Nuwemaanfees of ’n Sabbat nie!”
Maar sy sê: “Alles is reg.” 24Sy saal die donkie op en sê vir die dienaar: “Maak gou! Jaag die donkie aan en moenie stadiger gaan tensy ek vir jou sê nie.”
25Sy gaan toe en het by die man van God, by Karmelberg, aangekom. Die man van God het haar in die verte sien aankom. Hy sê vir Gehasi: “Kyk, dis die vrou uit Sunem. 26Hardloop haar tegemoet en vra haar: ‘Gaan dit goed met jou? Gaan dit goed met jou man? Gaan dit goed met jou seun?’”
“Dit gaan goed,” sê die vrou vir Gehasi.
27Maar toe sy by die man van God op die berg kom, val sy op die grond voor hom en gryp sy voete.
Gehasi probeer om haar weg te stoot, maar die man van God sê: “Laat haar met rus! Sy is diep bedroef en die Here het dit nie vir my bekendgemaak nie.”
28Toe sê sy: “Meneer, het ek u gevra vir ’n seun? Het ek dan nie gesê u moenie vir my valse hoop gee nie?”
29Elisa sê toe vir Gehasi: “Maak jou gereed. Vat my kierie in jou hand en gaan. Moenie met enigiemand op die pad praat of hom groet nie. Gaan gou en sit die kierie op die seun se gesig.”
30Maar die seun se ma sê: “So seker as die Here leef en u self ook leef, ek sal nie huis toe gaan tensy u met my saamgaan nie.” Elisa het toe opgestaan en saam met haar gegaan.
31Gehasi het vooruitgegaan en die kierie op die kind se gesig gesit, maar daar was geen teken van lewe nie. Hy gaan toe terug na Elisa toe en sê vir hom: “Die seun het nie wakker geword nie.”
32Toe Elisa daar aankom, het die kind nog dood op die profeet se bed gelê. 33Hy het alleen ingegaan, die deur agter hulle twee toegemaak en tot die Here gebid. 34Toe gaan lê hy op die seun met sy mond op dié van die seun, sy oë op die seun s’n en sy hande op die kind s’n. Die seun se liggaam het begin warm word! 35Elisa staan toe op en stap ’n paar keer heen en weer in die kamer. Toe gaan lê hy weer op die seun. Hierdie keer het die seun sewe keer genies en sy oë oopgemaak!
36Elisa beveel toe vir Gehasi: “Gaan roep die Sunemmitiese vrou!” Toe sy inkom, sê Elisa: “Hier, vat jou seun!” 37Sy kom toe in, val voor hom neer en buig voor hom, oorstelp van dankbaarheid. Sy het haar seun opgetel en hom ondertoe gedra.
Wonderdade tydens ’n hongersnood
38Elisa het teruggegaan na Gilgal toe. Daar was egter hongersnood in die land. Eendag, terwyl ’n groep jong profete voor hom sit, sê hy vir sy dienaar: “Sit ’n groot pot op die vuur en maak ’n bredie vir die jong profete.”
39Een van die jong mans gaan toe om kruie in die veld te soek. Hy kom af op ’n rank met wilde komkommers en pluk daarvan ’n sak vol. Toe hy terugkom, sny hy dit stukkend in die pot sonder dat hy geweet het wat dit was. 40Hulle het die bredie opgeskep, maar nadat hulle ’n hap of twee geëet het, roep hulle: “Man van God, daar is gif in die bredie!#4:40 Letterlik Die dood is in die pot!”
Hulle kon nie verder eet nie.
41Elisa sê toe vir hulle: “Bring vir my ’n bietjie meel.” Hy neem dit, gooi dit in die pot en sê: “Nou is dit weer eetbaar. Gaan gerus aan met die ete.” Toe hulle dit eet, was dit nie meer sleg nie.
42Op ’n dag bring ’n man van Baäl-Salisa vir die man van God ’n sak vars koring en twintig garsbrode van die nuwe oes. Elisa sê vir hom: “Gee dit vir die mense sodat hulle dit kan eet.”
43“Wat?” sê sy dienaar. “Hoe kan ons 100 mense met so min kos gee?”
Maar Elisa het herhaal: “Gee dit vir die mense sodat hulle kan eet, want die Here sê daar sal genoeg vir almal wees. Daar sal selfs nog oorbly!” 44En sowaar, daar was genoeg vir almal en hulle het nog kos oorgehou, net soos die Here gesê het.
Currently Selected:
2 KONINGS 4: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: