2 SAMUEL 12
12
Natan onthul Dawid se vergryp
1Die Here het toe die profeet Natan na Dawid toe gestuur. Hy het by Dawid gekom en vir hom vertel: “In ’n bepaalde dorpie was daar twee mans. Die een was ryk en die ander arm. 2Die ryk man het troppe kleinvee en beeste besit. 3Die arm man het niks besit nie behalwe ’n klein ooilammetjie wat hy gekoop het. Hy het haar versorg en saam met sy kinders grootgemaak. Sy het van die oorskietkos geëet, uit sy beker gedrink en op sy skoot gelê. Sy was vir hom soos ’n dogter. 4Op ’n dag kom daar ’n besoeker by die huis van die ryk man aan. Hy wou nie ’n skaap uit sy eie kudde vang en as kos voorberei nie. Toe neem hy die arm man se ooilam, slag dit en berei dit voor vir die gas.”
5Dawid was woedend. “So seker as wat die Here leef,” sê hy vir Natan, “die man wat dit gedoen het, verdien die dood! 6Hy moet met vier lammers vergoed vir die ooilam wat hy gevat het en ook omdat hy geen medelye gehad het nie.”
7Toe antwoord Natan vir Dawid: “Jy is daardie man! Die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek het jou tot koning van Israel gesalf en jou uit die mag van Saul gered. 8Ek het sy huis vir jou gegee, asook sy vroue en die koninkryke van Israel en Juda. En, as dit nie genoeg was nie, sou Ek jou nog baie meer gegee het. 9Hoekom het jy dan die woord van die Here geminag en hierdie verskriklike ding gedoen? Jy het Urija die Hetiet met die swaard laat vermoor en sy vrou gevat. Jy het hom deur die swaard van die Ammoniete doodgemaak! 10Van nou af sal die swaard ’n permanente bedreiging vir jou familie inhou omdat jy My verag het en Urija se vrou vir jouself toegeëien het.
11“‘Omdat jy dit gedoen het, sal Ek, die Here, toesien dat jou eie huis ellende oor jou bring. Ek sal jou vroue voor jou oë vir ’n ander man gee, en hy sal oop en bloot, in die helder daglig, by hulle gaan slaap. 12Jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal dit openlik voor die hele Israel doen.’”
Dawid bely sy skuld
13Toe bely Dawid sy skuld en sê vir Natan: “Ek het teen die Here gesondig.”
Natan antwoord hom: “Die Here het jou sonde vergewe sodat jy nie oor hierdie sonde sal sterf nie. 14Maar jy het vir die vyande van die Here geleentheid gegee om Hom te laster. Daarom sal hierdie kind sterf.”
15Nadat Natan daar weg is, het die Here die kind van Urija se vrou en Dawid dodelik siek laat word. 16Dawid het die Here gesmeek om die kind se lewe te spaar. Hy het gevas, en die hele nag op die vloer gelê. 17Die oudstes van sy huishouding het by hom gepleit om op te staan, maar hy het geweier en wou nie saam met hulle eet nie. 18Op die sewende dag het die kind gesterf. Dawid se amptenare was bang om dit vir hom te vertel. “Toe die kind nog gelewe het, het ons met die koning gepraat, maar hy wou nie vir ons luister nie,” het hulle gesê. “Watter onverantwoordelike ding sal hy dalk doen as ons hom vertel dat die kind dood is?”
19Dawid het opgemerk dat hulle onder mekaar fluister en hy het besef dat die kind gesterf het. “Is die kind dood?” vra hy.
“Ja, hy is dood,” antwoord hulle. 20Toe het Dawid van die grond af opgestaan, homself gewas en reukolie aangesmeer. Nadat hy skoon klere aangetrek het, het hy in die heiligdom ingegaan en daar aanbid. Daarna het hy na die paleis toe teruggegaan en kos gevra. Hulle het dit gebring en hy het geëet. 21Maar sy amptenare vra vir hom: “Hoe moet ons nou u optrede verstaan? Terwyl die kind nog gelewe het, het u gehuil en gevas. Maar noudat die seun dood is, het u opgestaan en geëet.”
22Dawid antwoord hulle: “Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: ‘Miskien sal die Here genadig wees en die kind laat lewe.’ 23Maar nou is hy dood! Hoekom moet ek nou nog vas? Kan ek hom weer terugbring? Eendag sal ek na hom toe gaan, maar hy kan nie na my toe terugkom nie.”
24Dawid het toe vir Batseba sy vrou getroos en by haar geslaap. Sy het ’n seun in die wêreld gebring. Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het die seun liefgehad 25en het deur die profeet Natan laat weet dat sy naam Jedidja, geliefde van die Here, moes wees, want die Here het hom liefgehad.
Dawid verower Rabba
26Intussen was Joab suksesvol in die stryd teen Rabba. Hy het die hoofstad van Ammon en die koninklike vesting verower. 27Toe stuur Joab boodskappers na Dawid toe om te sê: “Ek het teen Rabba geveg en hulle waterbron verower. 28Roep nou die burgermag op, kom beleër die stad en neem dit in sodat u die eer vir die oorwinning kan ontvang en nie ek nie.”
29Dawid het toe die burgers opgeroep, na Rabba toe gegaan en die stad verower. 30Dawid het die kroon van die koning se kop afgehaal en dit op sy eie kop gesit. Die kroon was van goud met edelgesteentes en het omtrent 34 kilogram#12:30 Grondteks een talent. geweeg. Dawid het ook ’n groot buit uit die stad geneem. 31Hy het die inwoners van Rabba weggevoer en hulle dwangarbeid laat doen met sae, ysterpikke en byle, en ook in die steengroewe. So het hy met al die Ammonitiese stede gemaak. Daarna het Dawid en die hele leër teruggekeer na Jerusalem toe.
Currently Selected:
2 SAMUEL 12: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: