YouVersion Logo
Search Icon

DEUTERONOMIUM 13:1-3

DEUTERONOMIUM 13:1-3 NLV

“Sê nou maar daar is ’n profeet by jou of iemand wat drome droom oor die toekoms. Sê nou so iemand maak beloftes oor tekens en wonders en die voorspelde tekens en wonders gebeur en die profete sê dan: ‘Kom ons gaan agter ander gode aan,’ gode wat jy nooit geken of gedien het nie, dan moet jy nie na die woorde van daardie profeet of uitlêer van drome luister nie. Die HERE jou God toets jou net om te wete te kom of jy Hom met hart en siel liefhet.