EKSODUS 11
11
Die oudste seuns gaan dood
1Toe sê die Here vir Moses: “Ek gaan nog een verdere ramp oor die farao en Egipte laat kom. Daarna sal hy julle laat gaan. Om die waarheid te sê, hy sal so graag van julle ontslae wil raak dat hy julle van hier af gaan wegjaag. 2Sê vir die mans en vroue van die volk dat hulle by hulle bure goue en silwerware moet eis.” 3(Die Here het die Egiptenaars positief ingestel teenoor die Israeliete. In Egipte is Moses beskou as ’n baie belangrike man en die farao se amptenare en die volk het groot agting vir hom gehad.)
4Moses het toe vir die farao gesê: “Die Here het besluit: Teen middernag gaan Ek deur Egipte beweeg. 5Dan sal die oudste seun in elke gesin in Egipte sterf, vanaf die oudste seun van die farao tot die oudste seun van die onbelangrikste diensmeisie. Selfs onder die diere sal die een wat eerste gebore is, getref word. 6’n Droewige gehuil sal in Egipte opklink soos daar nog nooit was nie en nooit weer gehoor sal word nie. 7By die Israeliete sal dit egter doodstil wees. Daar sal ’n hond nie eers vir ’n mens of ’n dier grom nie. Dit sal duidelik wees dat die Here onderskeid maak tussen Israel en die Egiptenaars. 8Al die amptenare van Egipte sal dan voor my kom neerval en my smeek: ‘Trek tog en vat al jou volgelinge saam met jou!’ Eers dan sal ek gaan!” Moses is toe kwaad van die farao af weg.
9Die Here het met Moses gepraat: “Die farao gaan nog nie na julle luister nie. Dit gaan My kans gee om nog kragtiger wonders in Egipte te doen.”
10Alhoewel Moses en Aäron al hierdie wonders voor die farao laat gebeur het, het die Here hom tog nog hardkoppig gemaak. Hy het bly weier om Israel te laat gaan.
Currently Selected:
EKSODUS 11: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: