EKSODUS 13
13
Die oudste seun aan God opgedra
1Die Here het toe vir Moses gesê: 2“Elke oudste seun in Israel moet aan My opgedra word. Die een wat eerste gebore word, behoort aan My, of dit nou ’n mens of ’n dier is.”
3Moses het toe vir die volk gesê: “Ons moet altyd hierdie dag onthou waarop ons weg is uit Egipte waar ons slawe was. God het ons met sy groot krag daar uitgelei. (Onthou om nie op hierdie dag iets met suurdeeg te eet nie.) 4Ons trek weg op ’n dag in die maand Abib. 5Julle moet altyd gedurende hierdie maand die fees vier wanneer die Here julle eendag in die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Hewiete en Jebusiete gebring het. Dit is ’n vrugbare land wat die Here aan ons voorgeslagte belowe het. 6Julle moet sewe dae lank brood eet wat nie met suurdeeg gemaak is nie. Op die sewende dag moet julle feesvier vir die Here. 7Gedurende daardie sewe dae mag julle net brood eet sonder suurdeeg. Daar mag nie ’n krieseltjie suurdeeg te sien wees nie, nie by julle nie en nêrens in julle land nie.
8“Julle moet op die dag van die fees aan julle kinders vertel waaroor dit gaan. Julle moet vir hulle verduidelik: ‘Ons vier fees oor wat die Here vir ons gedoen het toe ons uit Egipte weg is.’ 9Hierdie jaarlikse fees sal julle daaraan herinner. Dit sal soos ’n merk op jou hand en ’n herinneringsteken op jou voorkop wees. Dit sal julle help om altyd die Here se bevele in gedagte te hou. Dit was tog die Here wat julle met sy groot krag uit Egipte gered het.
10“Onthou hierdie opdrag sodat julle die fees elke jaar op die vasgestelde tyd kan hou. 11Onthou hierdie voorskrifte wanneer die Here julle in die land gebring het waar die Kanaäniete nou woon. Hy het dit lankal reeds aan julle voorouers belowe. 12Al die oudste seuns en manlike diere wat eerste gebore is, moet dan aan die Here opgedra word. 13Jy moet die eerste donkie wat gebore word, omruil met ’n skaap wat in sy plek vir die Here gegee word. As julle nie so wil maak nie, moet die donkie se nek gebreek word. Jy is egter verplig om jou seun wat eerste gebore is los te koop.
14“Wanneer julle seuns vorentoe vir julle vra: ‘Hoekom maak ons so?’ moet julle vir hulle vertel: ‘Die Here het ons met sy groot krag van die slawewerk in Egipte bevry. 15Die farao het bly weier om ons te laat gaan. Die Here het toe deur die hele Egipte die seuns en die diere wat eerste gebore is, laat doodgaan. Dit is hoekom ons almal wat eerste gebore is vir die Here offer, behalwe die seuns wat ons eerder kan loskoop.’ 16Hierdie fees sal dus soos ’n merk op jou hand en ’n teken op jou voorkop wees. Dit sal julle herinner dat die Here julle met sy groot krag uit Egipte bevry het.”
Israel se ompad deur die woestyn
17Toe die farao uiteindelik die volk laat gaan het, het God hulle nie kortpad deur die Filistynse gebied laat trek na die land wat Hy vir hulle beloof het nie. Die Here het gesê: “As die volk nou met oorlog moet te doen kry, gaan hulle van plan verander en omvlieg terug Egipte toe.” 18Daarom het God hulle eerder met die woestynpad in die rigting van die Rietsee laat trek. Hulle het vertrek soos ’n leër wat op mars is.
19Moses het Josef se oorskot saam met hom gevat. Josef het destyds die Israeliete plegtig laat belowe dat hulle sy liggaam saam met hulle sal vat die dag wanneer God sy woord gestand doen en hulle uit Egipte sal laat teruggaan.
20Hulle is van Sukkot af weg en het by Etam aan die rand van die woestyn gekom. Hulle het daar kamp opgeslaan. 21Gedurende die dag het die Here vir hulle die pad gewys met ’n hoë wolkstapel wat voor hulle uitgegaan het. Gedurende die nag het ’n wolk waarin vuur was vir hulle lig gegee. So kon hulle bly trek of dit nou dag of nag was. 22Die wolkstapel in die dag en die wolk met vuur in gedurende die nag het nooit voor die volk weggegaan nie.
Currently Selected:
EKSODUS 13: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: