JEREMIA 26
26
Jeremia spring die dood vry
1Met die aanvang van die regering van koning Jojakim van Juda het die Here vir Jeremia ’n boodskap gegee. Jojakim was die seun van Josia. 2Die Here het gesê: “Gaan staan voor die tempel van die Here en sê vir die mense wat uit al die dorpe van Juda na die tempel kom om die Here te aanbid alles wat Ek jou beveel het om te sê. Moenie een woord verswyg nie. 3Miskien sal hulle luister en ophou om die verkeerde dinge te doen. Dan kan Ek my planne om hulle te vervolg vir die slegte dade wat hulle doen, verander. 4Sê vir hulle die Here sê: ‘Ek het my gebooie vir julle gegee om te gehoorsaam. 5Ek het ook keer op keer my diensknegte – die profete – na julle gestuur, maar julle wou nie na hulle boodskappe luister nie. As julle nie luister nie, 6sal Ek hierdie tempel verwoes soos Ek Silo verwoes het. Dit sal so sleg gaan met die stad dat die nasies dit soos ’n vloekwoord sal gebruik.’”
7Die priesters, die profete en al die mense het na Jeremia geluister toe hy hierdie boodskap voor die tempel van die Here oorgedra het. 8Jeremia het alles gesê wat die Here hom beveel het om vir die hele volk te sê. Toe hy klaar gepraat het, het die priesters, profete en die hele volk hom aangeval en geskreeu: “Maak hom dood!” 9Hulle het gevra: “Wie gee jou die reg om namens die Here te profeteer en te sê: Wat met Silo gebeur het, sal ook met hierdie stad gebeur? Wie is jy om te sê dat hierdie stad verlate en sonder enige inwoners sal wees?” Al die mense het in die tempel van die Here om Jeremia saamgedrom.
10Toe die amptenare van Juda hierdie boodskap hoor, het hulle haastig van die paleis na die Here se tempel toe gegaan. Hulle het in die Nuwe Ingang van die tempel gaan sit. 11Die priesters en die profete het toe hulle saak aan die leiers van Juda en al die mense gestel. Hulle het gesê: “Hierdie man moet die doodstraf kry! Julle het met julle eie ore gehoor hoe hy verraad pleeg, want hy het teen hierdie stad geprofeteer.”
12Toe het Jeremia homself teenoor die leiers en die hele volk begin verdedig. Hy het gesê: “Die Here het my gestuur om teen hierdie tempel en hierdie stad te profeteer. Julle het alles gehoor wat ek vir julle gesê het. 13Maar as julle begin reg lewe, goeie dinge doen en die Here gehoorsaam, sal Hy van plan verander en julle nie meer kwaad aandoen soos Hy gedreig het nie. 14Wat my betref, ek is in julle mag. Maak met my soos wat julle dink reg is. 15Maar weet verseker, as julle my doodmaak, maak julle ’n onskuldige persoon dood! En as julle dit doen, sal julle, hierdie stad en elke inwoner van die stad die verantwoordelikheid daarvoor moet dra. Ek praat die waarheid as ek sê die Here het my gestuur om hierdie boodskappe aan julle oor te dra.”
16Toe het die leiers van Juda en al die mense vir die priesters en die sogenaamde profete gesê: “Hierdie man verdien nie die doodstraf nie, maar het namens die Here ons God met ons kom praat.”
17’n Paar van die ouer leiers van die land het toe opgestaan en met die mense wat daar bymekaar was, gepraat. 18Hulle het gesê: “Dink ’n bietjie terug aan die tyd toe Miga van Moreset geprofeteer het. Dit was in die tyd toe Hiskia koning van Juda was. Hy het vir die hele volk van Juda gesê: ‘Die Here, die Almagtige, sê: Hulle sal Sion soos ’n landery omploeg en Jerusalem sal in ’n hoop bourommel verander. Die hoogte waarop die tempel staan, sal ’n woud wees.’ 19Het koning Hiskia en die mense van Juda hom doodgemaak oor wat hy gesê het? Het die koning nie die Here uit eerbied aanbid en om genade gepleit nie? Die Here het toe besluit om Juda nie meer met ’n ramp te tref soos wat Hy gedreig het nie. As ons Jeremia doodmaak, sal ons groot onheil oor onsself bring.”
20In dié tyd was daar ook ’n ander persoon wat namens die Here geprofeteer het. Sy naam was Urija seun van Semaja, afkomstig uit Kirjat-Jearim. Sy boodskappe was ook teen hierdie stad en hierdie land, soortgelyk aan Jeremia se boodskappe. 21Toe koning Jojakim, van die offisiere van sy leër en van die leiers van Juda hoor wat hy sê, het die koning iemand gestuur om hom dood te maak. Maar toe Urija van die sameswering teen hom hoor, was hy baie bang. Hy het na Egipte toe gevlug.
22Toe het koning Jojakim Elnatan seun van Akbor saam met ’n paar ander mense Egipte toe gestuur. 23Hulle het Urija in Egipte gevang en na koning Jojakim toe teruggebring. Die koning het Urija laat teregstel en hom in ’n ongemerkte graf begrawe.
24Agikam seun van Safan het ook by Jeremia gestaan. Hy het gekeer dat hulle Jeremia aan die skare oorgee om hom dood te maak.
Currently Selected:
JEREMIA 26: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: