YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 3

3
Johannes die Doper berei die Koning se pad voor
1Op ’n dag verskyn Johannes die Doper in die woestyn van Judea en kondig God se boodskap aan 2deur te sê: “Kom tot inkeer#3:2a Of bekering.! God se koningsheerskappy#3:2b Grondteks Die koningsheerskappy van die hemele. Matteus gebruik hemele dikwels om die direkte vermelding van God se Naam te vermy. gaan nou enige oomblik begin!”
3Jesaja het juis van Johannes gepraat toe hy gesê het:
“Hy is ’n stem wat uitroep
in die woestyn:
‘Kry die Here se pad gereed!
Maak vir Hom ’n hoofweg!’”#3:3 Jes 40:3.
4Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra, met ’n leerbelt om sy middel. Hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. 5Kort voor lank begin daar toe mense uit Jerusalem en uit die hele Judea en Jordaan-omgewing na hom toe stroom. 6En nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop.
7Toe Johannes besef hoeveel Fariseërs en Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, het hy hulle soos volg berispe: “Julle broeisel slange! Wie het julle wysgemaak dat julle God se dreigende oordeel kan vryspring? 8Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.#3:8 Grondteks Dra dan vrugte waardig van die bekering. 9En moet tog nie julleself mislei nie met die gedagte: ‘Ons is veilig. Ons is mos die nageslag van Abraham.’ Weet verseker, God kan selfs die klippe wat hier rondlê in kinders van Abraham verander.
10“Die byl van God se oordeel lê al teen die bome se wortel, gereed om julle heeltemal uit te kap. God gaan elke boom wat nie gesonde vrugte dra nie, afkap en in die vuur gooi.
11“Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom daar Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ’n slaaf sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. 12Sy oesvurk is in sy hand en Hy sal sy dorsvloer deeglik skoonmaak. Hy sal sy koring in sy skuur bymekaarmaak, maar die kaf sal Hy in die vuur verbrand wat nooit geblus sal word nie.”
Jesus word gedoop
13Op ’n dag het Jesus van Galilea af by die Jordaanrivier aangekom om deur Johannes gedoop te word. 14Maar Johannes wou Hom keer. “Ú behoort mý tog veel eerder te doop,” het hy gesê. “Dit is ongehoord dat U nou na my toe kom!”
15Maar Jesus het hom geantwoord: “Wag nou! Ons moet God se wil juis op hierdie manier gehoorsaam#3:15 Grondteks alle geregtigheid vervul..” Daarop het Johannes ingestem en Hom gedoop.
16Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. 17Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart#3:17 Grondteks oor Hom verbly Ek My..”

Currently Selected:

MATTEUS 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in