YouVersion Logo
Search Icon

NEHEMIA 9:19-21

NEHEMIA 9:19-21 NLV

Maar in u groot liefde het U hulle nie in die woestyn aan hulle lot oorgelaat nie. In die dag het die wolkkolom steeds vir hulle die koers aangedui. In die nag het die vuurkolom steeds hulle pad verlig. U het u goeie Gees gegee om hulle te leer. U het ook nie opgehou om vir hulle brood uit die hemel te gee en water om hulle dors te les nie. U het hulle vir 40 jaar in die woestyn onderhou. In dié tyd het hulle niks kortgekom nie. Hulle klere het nie verweer nie, hulle voete nie geswel nie!