NUMERI 17
17
Bloeisels kom uit Aäron se stok
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Vat twaalf stokke, een vir die leier van elke stam van Israel. Skryf die naam van die leier van elkeen van die stamme daarop. 3Skryf Aäron se naam op die stok van die Levistam. Daar moet ’n stok wees vir elkeen van die leiers van die stamme. 4Gaan sit hierdie stokke in die tabernakel daar voor die ark van die verbond neer waar Ek julle ontmoet. 5Daar sal bloeisels uitkom uit die stok van die leier wat Ek verkies. Ek sal ’n einde maak aan die Israeliete se opstand teen julle.”
6Moses het toe aan die Israeliete die opdrag gegee dat elkeen van die leiers van die twaalf stamme vir hom ’n stok moes bring met hulle naam daarop. Aäron se stok was ook tussen hulle. 7Moses het die stokke in die tabernakel voor die Here gaan neersit. 8Toe Moses die volgende dag in die tabernakel ingaan, kry hy Aäron se stok, wat die stam Levi verteenwoordig, vol bloeisels; dit het gebot en uitgeloop en amandeltjies aangehad.
9Moses het al die stokke wat voor die Here was, uitgebring na die Israeliete toe. Elke leier het na sy stok kom kyk en dit gevat. 10Die Here het vir Moses gesê: “Sit Aäron se stok weer terug voor die ark. Laat dit ’n teken wees vir dié wat in opstand kom. Mag dit ’n einde bring aan die geklaery teen My anders sal dit nog hulle dood veroorsaak.” 11Moses het gemaak soos die Here vir hom gesê het.
12Die Israeliete het toe vir Moses gesê: “Dit is verby met ons! Ons is almal daarmee heen! 13Elkeen wat maar net naby die tabernakel van die Here kom, sal doodgaan. Ons is verdoem om dood te gaan!”
Currently Selected:
NUMERI 17: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: