YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 2:1-5

SPREUKE 2:1-5 NLV

My seun, luister mooi na wat ek vir jou sê. Bewaar wat ek vir jou leer. Spits jou ore vir die wysheid. Span jou in om dit te verstaan. Roep na insig. Roep hardop vir begrip. Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos ’n versteekte skat. Dan sal jy weet wat dit beteken om respek te hê vir die HERE. Jy sal leer om God te ken.