OPENBARING 4
4
God die Skepper word in die hemel aanbid
1Hierna het ek gekyk, en werklikwaar, ’n deur is oopgemaak in die hemel, en ’n stem wat ek vantevore al hard soos ’n trompet met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur.”
2Onmiddellik was ek in die greep van die Gees. Ek het ’n troon in die hemel sien staan met Iemand wat daarop sit. 3En die Een wat sit, se voorkoms was net soos jaspis en karneool, terwyl daar ’n reënboog met die glans van smarag om die troon gehang het. 4Rondom die troon was daar 24 trone en op die trone het 24 ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, met goue krone op hulle koppe. 5Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God. 6Vlak voor die troon het dit gelyk soos ’n spieëlgladde see, soos kristal.
In die middel en rondom die troon het daar vier lewende wesens gestaan, met oë aan die voor- en agterkant. 7Die eerste lewende wese het soos ’n leeu gelyk, die tweede soos ’n bul, die derde het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad, en die vierde het gelyk soos ’n vlieënde arend. 8Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad wat rondom en aan die binnekant vol oë was. Hulle het dag en nag, sonder enige ruspouse, aanhou sê:
“Heilig, heilig, heilig
is die Here God die Almagtige,
Hy wat was en wat is
en wat kom.”
9Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe, 10val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê:
11“U is waardig, Here ons God,
om die heerlikheid
en die eer
en die mag te ontvang
omdat U alle dinge geskape het;
deur u wil is alles wat bestaan, geskape.”
Currently Selected:
OPENBARING 4: NLV
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
2006 Christlike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930, Eerste uitgawe 2006, Tweede uitgawe 2011

: