2 Kronieke 5
5
Salomo sit die gewyde presente van Dawid in die stoorkamers
1Nadat Salomo al die werk by die tempel klaar gedoen het, het hy die gewyde presente van sy pa Dawid gebring. Dit was die silwer en die goud en al die goed, en hy het dit in die tempel se stoorkamers gesit.
Salomo en die leiers bring die verbondskis na die tempel
(Ook 1 Kon 8:1-11)
2Daarna het Salomo al die leiers van Israel in Jerusalem laat bymekaarkom, die stamhoofde en die familiehoofde van die Israeliete. Hy wou die verbondskis van die Here uit die Dawidstad, uit Sion, laat bring. 3Al die manne van Israel het by die koning bymekaargekom vir die fees, die fees in die sewende maand. 4Al die leiers van Israel het gekom, en die Leviete het die kis gedra. 5Hulle het die kis gebring, en ook die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het en al die gewyde gereedskap wat in die tent was. Die priesters en die Leviete het dit gedoen. 6Koning Salomo en die hele volksvergadering van die Israeliete wat saam met hom was, was voor die kis, en hulle het so baie skape en bokke ge-offer dat niemand dit kon tel nie. 7Die priesters het die verbondskis van die Here na sy plek gebring in die binneste kamer van die tempel. Dit was die hoog-gewyde plek onder die gerubs se vlerke. 8Die gerubs se vlerke was oop oor die plek waar die kis gestaan het, die gerubs het die kis en sy dra-houte toegemaak. 9Die dra-houte van die kis was so lank dat 'n mens hulle punte kon sien as hy voor die binneste kamer gestaan het, maar 'n mens kon die punte nie sien as hy buite gestaan het nie. Die dra-houte is nou nog daar. 10Daar was niks in die kis nie, net die twee plat klippe wat Moses in die kis gesit het by Horeb-berg. Hy het dit gedoen toe die Here met die Israeliete 'n verbond gemaak het nadat hulle uit Egipte gekom het. 11Al die priesters wat daar was, het hulleself gewy, ook die priesters wat nie daardie dag moes werk nie. Toe die priesters uit die tempel kom, 12was die Leviete wat moes sing, gereed. Hulle was: Asaf, Heman en Jedutun, hulle seuns en hulle broers. Hulle het wit linne-klere aangehad en hulle het simbale, harpe en liere gehad. Hulle het oos van die altaar gestaan. Daar was ook 120 priesters wat trompette geblaas het. 13Die priesters wat trompette geblaas het en die mense wat gesing het, het saam begin om die Here te prys en vir Hom dankie te sê. Die priesters het die trompette geblaas en die simbale en die ander musiek-instrumente gespeel. Hulle het die Here geprys en hulle het gesing “Want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.” Toe het 'n wolk die tempel toegemaak. 14Die priesters kon nie hulle werk doen nie omdat die wolk daar was. Die lig wat om die Koning, die Here, is, het in die hele tempel geskyn.
Currently Selected:
2 Kronieke 5: ABA
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

: