2 Samuel 3
3
Die seuns van Dawid wat in Hebron gebore is
1Die oorlog tussen Is-Boset en Dawid het lank aangehou, maar Dawid se leër het sterker geword en Is-Boset se leër het swakker geword. 2Ses seuns van Dawid is gebore in Hebron:
Die eerste seun was Amnon, sy ma was Aginoam van Jisreël.
3Die tweede seun was Kilab, sy ma was Abigajil. Sy was voorheen die vrou van Nabal van die stad Karmel.
Die derde seun was Absalom, sy ma was Maäka, die dogter van koning Talmai van Gesur.
4Die vierde seun was Adonija, sy ma was Gaggit.
Die vyfde seun was Sefatja, sy ma was Abital.
5Die sesde seun was Jitream, sy ma was Dawid se vrou Egla.
Dit is die seuns van Dawid wat in Hebron gebore is.
Joab vermoor vir Abner
6Terwyl die oorlog tussen Is-Boset en Dawid aangehou het, het Abner probeer om 'n belangrike persoon te word in die familie van Saul. 7Saul het 'n byvrou gehad, sy was Rispa dogter van Aja. Is-Boset het vir Abner gevra: “Hoekom slaap jy by my pa se byvrou?”
8Abner het baie kwaad geword omdat Is-Boset dit gesê het. Abner het gesê: “Dink jy ek wil teen jou veg saam met die mense van Juda? Ek het gebly by jou pa Saul se familie, by sy broers en sy vriende, en ek het jou beskerm teen Dawid. Hoekom is jy nou kwaad vir my? Hoekom sê jy ek het iets verkeerd gedoen met die vrou? 9-10Die Here het vir Dawid belowe dat hy koning sal word oor Israel en Juda, koning oor die hele land, van die stad Dan tot by die stad Berseba. God sal my straf as ek nie nou sal help om dit te laat gebeur nie. Dan sal daar nie meer 'n koning uit die familie van Saul wees nie.”
11Is-Boset was so bang vir Abner dat hy niks kon sê nie. 12Abner het dadelik vir Dawid 'n boodskap gestuur en gesê: “Die hele land behoort aan jou. As jy 'n ooreenkoms maak met my, dan sal ek jou help om koning te word oor die hele Israel.”
13Dawid het geantwoord en gesê: “Goed, ek sal 'n ooreenkoms maak met jou, maar ek vra vir jou een ding: Jy moet vir Mikal, dogter van Saul, saambring. As jy haar nie saambring nie, dan moet jy nie na my toe kom nie.”
14Dawid het ook vir Is-Boset 'n boodskap gestuur en gesê: “Jy moet my vrou Mikal vir my teruggee. Ek het 100 Filistyne doodgemaak om haar te kry.”
15Is-Boset het iemand gestuur en hy het Mikal weggevat van haar man Paltiël seun van Lus. 16Haar man het saam met haar gegaan en hy het geloop en huil tot by die stad Bagurim. Maar toe Abner vir hom sê hy moet teruggaan, het hy omgedraai en teruggegaan.
17Abner het vir die leiers van Israel gesê: “Julle wou lankal hê dat Dawid julle koning moet word. Daarom, maak hom nou julle koning. Want die Here het gesê:
18“Ek sal my volk Israel red
van die Filistyne,
van al hulle vyande.
My dienaar Dawid
sal dit doen.”
19Abner het ook met die Benjamin-mense gepraat. Toe het hy vir Dawid in Hebron gaan sê die mense van Israel en die hele Benjamin-stam is gereed. 20Abner het by Dawid in Hebron gekom, en daar was twintig manne saam met hom. Dawid het 'n groot ete gegee vir Abner en die manne by hom. 21Toe het Abner vir Dawid gesê: “Ek wil nou gereedmaak en ek wil al die leiers van Israel bymekaarbring by Meneer die koning sodat hulle 'n ooreenkoms kan maak met jou. Dan sal jy koning wees van al die mense. Ek weet jy wil hulle koning wees.”
Dawid het gesê Abner mag gaan, en niemand het vir Abner probeer keer nie. 22Maar Joab en die manne van Dawid het vyande gaan aanval, en hulle kom toe in hierdie tyd terug. Hulle het baie goed saamgebring wat hulle gevat het. Abner was toe nie meer in Hebron nie, want Dawid het hom laat gaan en niemand het hom probeer keer nie. 23Toe Joab en al sy manne in Hebron kom, het iemand vir Joab gesê: “Abner seun van Ner was hier by die koning, en die koning het hom laat gaan en niemand het hom probeer keer nie.”
24Joab het na die koning toe gegaan en hy het vir hom gevra: “Wat het jy gedoen? Abner het hier by jou aangekom, en jy het gesê hy mag gaan. Hoekom? 25Jy ken vir Abner seun van Ner. Hy het gekom om jou te bedrieg en te kyk wat hier by jou gebeur en wat jy alles doen.”
26Nadat Joab by die koning was, het hy vir Abner 'n boodskap gestuur en hy het Abner laat omdraai by Siras-put. Dawid het dit nie geweet nie. 27Toe Abner terugkom in Hebron, het Joab hom eenkant toe geneem in die poort. Hy het gesê hy wil alleen met Abner praat. Maar toe steek Joab vir Abner in sy maag omdat Abner vir Asael, Joab se broer, doodgemaak het. Abner het gesterf. 28Toe Dawid dit later hoor, het hy gesê: “Die Here sal altyd weet dat ek en my familie onskuldig is, ons het nie vir Abner seun van Ner vermoor nie. 29Ek bid dat die Here vir Joab en sy hele familie sal straf oor hierdie moord. Ek bid dat daar altyd mense in die familie van Joab sal wees wat hulle doodbloei, of wat melaats is of kreupel, of wat in oorlog sterf of wat honger ly.”
30Joab en sy broer Abisai het vir Abner vermoor omdat hy hulle broer Asael doodgemaak het in die oorlog by Gibeon. 31-32Dawid het vir Joab en al die manne by hom gesê: “Julle moet julle klere skeur en rouklere aantrek, julle moet rou oor Abner.”
Hulle het vir Abner in Hebron begrawe. Koning Dawid het geloop agter die mense wat Abner se lyk gedra het. Die koning het hard gehuil by Abner se graf, en al die manne het saam gehuil. 33Die koning het 'n klaaglied gesing oor Abner. Hy het gesê:
“Hoekom moes Abner sterf
soos 'n dwaas sterf?
34Niemand het jou hande
vasgebind nie,
niemand het jou voete
vasgemaak met kettings nie,
maar jy het gesterf soos
iemand sterf wanneer skelms
hom doodmaak.”
Al die manne het weer gehuil oor Abner. 35Dit was nog dag, en al die manne het vir Dawid gesê hy moet eet. Maar hy het gesê: “Die Here moet my straf as ek enige iets eet of drink voordat die son ondergaan.”
36Al die manne het dit gehoor, en hulle het gedink dit is reg. Alles wat die koning gedoen het, was altyd reg vir al die mense. 37Al die manne en al die mense van Israel het daardie dag geweet en hulle was seker dat dit nie die koning was wat vir Abner seun van Ner laat doodmaak het nie. 38Die koning het vir sy manne gesê: “Julle moet dit weet, dit is 'n leier en 'n belangrike man wat vandag in die land Israel gesterf het. 39Ek is die gesalfde koning, maar ek is swak. Hierdie manne, die seuns van Seruja, is sterker as ek. Ek bid dat die Here die skelms sal straf oor dit wat hulle gedoen het.”
Currently Selected:
2 Samuel 3: ABA
Highlight
Share
Copy
Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

: