YouVersion Logo
Search Icon

Prediker 3

3
Daar is 'n regte tyd vir alles
1Daar is 'n regte tyd vir alles,
elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd.
2Daar is 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterf,
'n tyd om te plant en 'n tyd om plante uit te trek.
3Daar is 'n tyd om dood te maak en 'n tyd
om gesond te maak,
'n tyd om af te breek en 'n tyd om te bou.
4Daar is 'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag,
'n tyd om te rou en 'n tyd om te dans.
5Daar is 'n tyd om klippe weg te gooi
en 'n tyd om klippe bymekaar te maak,
'n tyd om iemand te druk en te omhels
en 'n tyd om iemand nie te omhels nie.
6Daar is 'n tyd om te soek en 'n tyd
om iets te laat wegraak,
'n tyd om iets op te pas en 'n tyd om dit weg te gooi.
7Daar is 'n tyd om te skeur en 'n tyd om vas te werk,
'n tyd om stil te bly en 'n tyd om te praat.
8Daar is 'n tyd om lief te wees en 'n tyd om te haat,
'n tyd om oorlog te maak en 'n tyd om vrede te maak.
9Wat help dit vir 'n mens dat hy hard gewerk het? Niks. 10Ek het gesien dat God vir die mense werk gegee het om te doen. 11God het alles mooi gemaak toe Hy dit gemaak het. Hy het vir die mense geleer dat daar altyd tyd sal wees, maar die mense kan nie verstaan wat God alles gedoen het nie, van die begin tot die einde. 12Ek weet nou dat dit die beste vir 'n mens is om vrolik te wees en die lewe te geniet terwyl hy lewe. 13Mense kan eet en drink en die lewe geniet nadat hulle hard gewerk het, ek weet dat dít 'n present is wat God vir mense gee. 14Ek weet nou dat alles wat God gemaak het, altyd daar sal wees. 'n Mens kan niks meer daarby sit nie en jy kan niks daarvan wegneem nie. God het dit so gedoen sodat almal Hom moet respekteer. 15Die dinge wat nou daar is, was voorheen ook daar, en die dinge wat later sal gebeur, is nou ook daar. God laat die dinge wat verby is, weer gebeur.
16Ek het ook in hierdie wêreld gesien dat mense verkeerd doen wanneer hulle reg moet doen en regverdig moet wees. 17Ek het gedink God sal die persoon oordeel wat reg lewe en Hy sal ook die persoon oordeel wat verkeerd doen. Hy sal altwee oordeel, want Hy het besluit dat daar vir elke ding 'n regte tyd is om te gebeur en 'n regte tyd om dit te doen.
Die mense is dieselfde soos diere, hulle is nie anders nie
18Ek het gedink dat God die mense wil toets en vir hulle wil wys dat hulle soos diere is. 19Want dieselfde dinge gebeur met mense en met diere, mense sterf soos diere sterf. Almal moet asemhaal. Die mense is nie anders as die diere nie, want niks is soos dit moet wees nie. 20Almal sterf en gaan na dieselfde plek, alles is stof en alles word weer stof. 21Wie weet of mense se asem boontoe gaan en of diere se asem afgaan in die aarde? Niemand. 22Ek het gesien dit is die beste vir 'n mens dat hy sy werk moet geniet, dit is sy beloning. Wie kan vir 'n mens wys wat ná hom sal gebeur?

Currently Selected:

Prediker 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in