YouVersion Logo
Search Icon

Rigters 12

12
1Die Efraim-mense het manne bymekaargeroep en hulle het oor die Jordaan-rivier gegaan tot by die stad Safon. Hulle het vir Jefta gesê: “Hoekom het jy gaan oorlog maak maar jy het ons nie gevra om saam met jou te gaan nie? Nou wil ons jou en jou familie in jou huis verbrand.”
2Jefta het vir hulle gesê: “Ek en my manne moes oorlog maak teen die Ammoniete, en dit was nie vir ons maklik nie. Ek hét gevra julle moet help, maar julle het my nie kom red van die Ammoniete nie. 3Toe ek sien julle wil nie help nie, het ek en my manne alleen na die Ammoniete toe gegaan. Ek het geweet hulle sal my miskien doodmaak. Maar die Here het my laat wen teen hulle. Hoekom het julle vandag teen my kom oorlog maak?”
4Jefta het al die Gilead-mense bymekaargemaak en hulle het oorlog gemaak teen die Efraim-mense, en hulle het die Efraim-mense oorwin. Die Efraim-mense het altyd gesê: “Julle Gilead-mense is mense wat weggeloop het van die Efraim-mense, en julle woon in 'n land wat behoort aan die Efraim-mense en die Manasse-mense.”
5Die Gilead-mense het by die driwwe in die Jordaan-rivier gaan wag vir die Efraim-mense wat wou teruggaan. Wanneer een van die Efraim-mense wat gevlug het uit die oorlog, daar kom en hy sê hy wil oor die rivier gaan, dan het die Gilead-mense vir hom gevra: “Is jy van die Efraim-mense?” en as hy sê: “Nee,” 6dan het hulle vir hom gesê: “Sê: Sjibbolet.” As hy dan verkeerd praat en sê: “Sibbolet,” dan het hulle hom gegryp en hulle het hom daar by die Jordaan-rivier doodgemaak. Daar het 42 000 Efraim-mense in daardie tyd gesterf.
7Jefta, die man uit Gilead, was ses jaar lank die leier van die Israeliete, en toe het hy gesterf. Sy mense het hom begrawe in sy stad in Gilead.
Ibsan
8Ná Jefta was Ibsan die leier van die Israeliete. Hy was 'n man van die stad Betlehem. 9Hy het 30 seuns en 30 dogters gehad. Hy het sy 30 dogters laat trou met mans wat nie aan sy stam behoort het nie, en hy het sy seuns laat trou met meisies wat nie aan sy stam behoort het nie. Hy was sewe jaar lank die leier van die Israeliete. 10Ibsan het gesterf, en sy mense het hom begrawe in Betlehem.
Elon
11Ná Ibsan was Elon die leier van die Israeliete. Hy was 'n man van die Sebulon-stam, en hy was tien jaar lank die leier van die Israeliete. 12Elon het gesterf, en sy mense het hom begrawe in die stad Ajalon in die land Sebulon.
Abdon
13Ná Elon was Abdon seun van Hillel die leier van die Israeliete. Hy was 'n man van die stad Piraton. 14Hy het 40 seuns en 30 kleinseuns gehad, en hulle het op 70 donkies gery. Abdon was ag jaar lank die leier van die Israeliete. 15Hy het gesterf, en sy mense het hom begrawe in die stad Piraton in die land Efraim, op die Amalekiete-berg.

Currently Selected:

Rigters 12: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in