YouVersion Logo
Search Icon

Jeremia 39

39
1In die negende jaar nadat Sedekia koning van Juda geword het, in die tiende maand, het koning Nebukadnesar na Jerusalem gekom en hy het die stad van al die kante aangeval. 2En in die twaalfde jaar nadat Sedekia koning geword het, op die negende dag van die vierde maand, het hulle deur die mure van die stad gebreek. 3Al die amptenare van die koning van Babel het in die stad gekom en hulle het by die Middel-poort gaan sit. Die amptenare was: Nergal-Sareser van Samgar, Nebu-sar-sekim die hoof-amptenaar, en al die ander amptenare van die koning van Babel. Nergal-Sareser was die hoof van die soldate wat op oorlogkarre geveg het. 4Toe koning Sedekia van Juda en al sy soldate die amptenare van die koning van Babel sien, het hulle gevlug. Hulle het in die nag uit die stad gegaan deur die poort tussen die twee mure, op die pad na die koning se tuin, en toe het hulle op die pad na die Jordaan-vallei verder gegaan. 5Maar die soldate van die Galdeërs het hulle gevolg en gejaag en hulle het vir Sedekia gekry op die droë gelyk grond by die stad Jerigo. Hulle het hom gevang en hulle het hom na koning Nebukadnesar toe gebring in die stad Ribla in die land Hamat. Nebukadnesar het besluit hoe hy vir Sedekia wil straf. 6Hy het Sedekia se seuns en al die belangrike mense van Juda daar in Ribla laat doodmaak terwyl Sedekia moes kyk. 7Toe het hy Sedekia se oë uitgesteek en hy het hom met kettings laat vasbind om hom na Babel te vat. 8Die Galdeërs het die paleis en die huise in Jerusalem afgebreek en hulle het die stad verbrand. 9Nebusaradan, die hoof-offisier van die koning van Babel, het die mense wat in Jerusalem oorgebly het, gevang en weggevat na Babel, en ook die mense wat weggeloop het na die Galdeërs toe om saam met hulle te veg. 10Nebusaradan het die arm mense wat niks gehad het nie, in die land Juda laat bly en hy het toe ook vir hulle lande en wingerde gegee. 11Koning Nebukadnesar van Babel het vir Nebusaradan, die hoof-offisier, gesê wat hy met Jeremia moet doen. Hy het vir Nebusaradan gesê: 12“Jy moet vir Jeremia laat haal en hom oppas. Kyk dat niks met hom gebeur nie, en doen wat hy vir jou sê.”
13Nebusaradan, die hoof-offisier, en Nebusasban, die hoof-amptenaar, en Nergal-Sareser, die hoof van die soldate wat op oorlogkarre geveg het, en al die offisiere van die koning van Babel 14het mense gestuur en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die wagte gebring. Hulle het Jeremia vir Gedalja gegee en gesê hy moet Jeremia na sy huis bring. Gedalja was die seun van Agikam en Agikam was die seun van Safan. Jeremia het tussen die mense gaan woon.
'n Belofte aan Ebed-Melek
15Toe Jeremia nog in die binneplaas van die wagte was, het hy gehoor die Here sê vir hom: 16“Jy moet vir die Kussiet Ebed-Melek gaan sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Kyk, Ek sal alles laat gebeur wat Ek oor hierdie stad gesê het. Dit sal sleg gaan, nie goed nie. En jy sal sien wanneer dit gebeur. 17Maar Ek sal jou red daardie dag. Jy is bang vir die manne, maar Ek sal jou nie vir hulle gee nie. Ja, 18Ek sal jou vry laat wegkom, dit is seker. Jy sal nie in die oorlog sterf nie. Jy sal niks hê nie, maar jy sal lewe omdat jy geglo het dat Ek jou sal help.”
Dit het die Here gesê.

Currently Selected:

Jeremia 39: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in