YouVersion Logo
Search Icon

Jeremia 7:5-7

Jeremia 7:5-7 ABA

Maar julle moet waarlik reg lewe en reg doen, julle moet waarlik regverdig wees wanneer julle oordeel, julle moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees laat swaarkry nie, julle moenie onskuldige mense laat doodmaak nie, en julle moenie ander gode dien nie, want dan sal dit sleg gaan met julle. As julle reg lewe en reg doen, dan sal Ek by julle woon in hierdie plek wat Ek vir altyd vir julle voorvaders gegee het.