YouVersion Logo
Search Icon

Job 25

25
Bildad praat die derde maal met Job
1Bildad van die land Suag het weer gepraat. Hy het gesê:
2“God regeer, almal moet
bang wees vir Hom,
Hy gee vrede tot in sy hoë hemel.
3Niemand kan tel hoe groot
sy leërs is nie,
sy son skyn oor al die mense.
4Kan 'n mens regverdig wees voor God?
Kan 'n mens onskuldig wees?
Nee, hy kan nie onskuldig wees nie.
5Die maan en die sterre
is nie blink en helder genoeg
vir God nie.
6'n Mens kan ook nie regverdig wees nie,
'n mens wat so onbelangrik is soos 'n wurm.”

Currently Selected:

Job 25: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in